Die voorval het Maandagoggend omstreeks 12:00 plaasgevind.

Met ER24 se aankoms op die toneel het hulle beide voertuie teen die kant van die pad aangetref.

Luidens berigte het een van die voertuie aan die brand geslaan en was in vlamme gehul terwyl die bestuurder steeds binne vasgevang was.

Nog ’n man het buite die ander betrokke voertuig gelê en ’n vrou was binne dié voertuig vasgekeer.

Brandweerdienste kon gelukkig daarin slaag om die brand te blus.

Met nadere ondersoek het paramedici bevind dat die man, wat binne die voertuig vasgekeer is, noodlottige brandwonde opgedoen het. Hy is op die toneel dood verklaar.

Die ander twee pasiënte is ook ondersoek . Daar is bevind dat albei slagoffers reeds aan hul wonde beswyk het voor paramedici se aankoms op die toneel. Hulle is ook op die toneel dood verklaar.

Russel Meiring, ’n ER24-woordvoerder, het die voorval bevestig.

“Die presiese oorsaak van die botsing is nog nie bekend nie, maar plaaslike owerhede was op die toneel vir verdere ondersoek."