Luidens berigte het ’n brug by die skool meegegee. 

Russel Meiring, woordvoerder van ER24-nooddienste, het die voorval bevestig. Hy sê die nooddienste is op die toneel. Vier sterftes is bevestig. Hulle was glo almal leerders aan die skool. Na raming is nog 20 beseer. 

“Ons is nie in hierdie stadium seker watter struktuur ineengestort het nie," sê Russel. "Die toneel word ondersoek en die nooddienste behandel die beseerdes.”

Foto: Facebook.


Een van die personeellede by die skool, wat nie haar naam bekendgemaak het nie, het die voorval bevestig.

“Ek kan nie enige inligting deel tot die nooddienste die situasie ondersoek het nie,” het sy aan Huisgenoot gesê.


Inwoners van Vanderbijlpark het intussen boodskappe van kommer en inligting op die Facebookgroep Vaal Traffic Network gedeel. Ander het foto’s van die toneel gedeel.

AfriForum Vanderbijlpark het die onderstaande verklaring uitgereik: 

Foto: Verskaf.