Ken elkeen die twee meisies wat die afgelope tyd by hulle op die plaas gekuier het goed genoeg om die regte besluit te neem? Het die meisies van die afgelope tyd gebruik gemaak om hul boer te leer ken?

Maar hoe goed ken jy die boere? Hier is vyf dinge wat jy dalk nie geweet het nie . . .  

Die Top-5 boere van die 10de Seisoen is (van links na regs) Johan, Adriaan, Ruan, Braam en Jacques.

Is jy ‘n Toyota of Ford-man?

Adriaan: Ford

Ruan:  Toyota

Braam: Toyota

Jacques: Toyota

Is daar enige kossoort wat jy glad nie eet nie?

Adriaan: Nee, ek is bleddie lief vir kos en eet alles!

Ruan: Ek is maar skrikkerig vir vreemde seekosse soos mossels en krappe.

Braam: Ek is nie rêrig vol nonsens met kos nie, maar ek hou nie van groente wat pap gekook is nie.

Jacques: Nee wat, ek is nie eintlik picky met kos nie. Ek eet alles.

Wat is jou gunsteling-drankie saam met ‘n braai?

Adriaan: Whisky

Ruan: Brandewyn

Braam: Bier

Jacques: Whisky

Waarvoor is jy die bangste in die lewe?

Adriaan: Ek is bietjie bang vir die donker, maar dit sal ek nou nie hardop sê nie!

Ruan: Ek het ’n groot fobie vir alle reptiele, maar vir slange is ek die bangste.

Braam: Vir die see. Ek het so ses jaar gelede amper verdrink toe ’n seestroom my ingetrek het. Dit was ’n baie traumatiese gebeurtenis vir my.

Jacques: Niemand weet wat die dag van môre gaan oplewer nie, en daardie onbekende maak my bang.

Het jy enige Nuwejaarvoornemens?

Adriaan: ’n Mens wil mos altyd meer oefen, maar dit hou ook maar net vir ’n week.

Ruan: Ek wil probeer om ’n beter mens te wees vir die wat vir my lief is.

Braam: Ag wat, ek vat die jaar maar soos enige ander jaar, maar ek wil bietjie meer gaan gym.

Jacques: Ek is nie ’n ou wat baken op voornemens nie. Elkeen moet net hul drome najaag.