Heaven, die jongste van vier sibbes, het ’n belt gebruik om haarself aan haar bed op te hang. Die kind se liggaam is kort ná twaalfuur die middag op 16 Februarie gevind.

“Ek kan my nie voorstel wat die ma nou deurmaak nie,” het die buurvrou Zoraida Irizarry aan die New York Post gesê.

“ ’n Vriend van my het met Jennifer gepraat en Jennifer het gesê sy dink dis haar skuld.” 

Volgens die New York Daily News het ma en dogter gestry oor Heaven se selfoongebruik.

“Alle kinders het deesdae selfone in die hand en al wat hulle doen, is om video’s op YouTube te kyk,” het nog ’n buurvrou, wat anoniem wou bly, gesê.

“Die meisie het glo wakker geword en wou die foon hê om YouTube te besoek. Maar die ma het nee gesê omdat dit te vroeg in die oggend was.” 

Jennifer het Heaven se lewelose liggaam in haar slaapkamer by die gesin se woonstel in die Bronx River Houses aangetref en dadelik die 911-noodnommer geskakel.

“Ek kan deur my muur hoor wat in hul woonstel aangaan,” sê Zoraida.

“Ek het gisteroggend gehoor die ouer dogter roep in ’n gewone stemtoon vir haar suster en toe raak haar stem ewe skielik hard en sy het begin skree.”

Heaven se broer het haar probeer bybring tot paramedici opgedaag het en daar met haar na die nabygeleë St. Barnabas-hospitaal gejaag is. Sy is later daar dood verklaar, berig Hollywood Unlocked.

Die polisie vermoed geen kriminele aktiwiteit nie. 

Bronne: New York Post, Hollywood Unlocked, New York Daily News