Te oordeel aan die merke aan sy elmboë en rug word vermoed die seun, wie se naam nie bekendgemaak is nie, het wanhopig probeer ontsnap, berig Mirror.

Volgens die Russiese ondersoekkomitee kon die negejarige se ma hom nie kry nadat sy van die werk af gekom het nie. Sy het hom later agter die toe deur van die wasmasjien gesien, berig Daily Mail

Toe sy die seun uittrek, het sy besef hy het nie ’n hartklop nie en dadelik ’n ambulans gebel. Russiese speurders probeer vasstel of die seun deur ’n inbreker by die wasmasjien ingedwing is of met opset ingeklim het.

Speurders vermoed hy het vrywillig by die wasmasjien ingeklim, want daar was geen teken van gedwonge toegang nie. “Haar seun het binne gelê en geen tekens van lewe getoon nie,” het die Russiese koerant Komsomolskaya Pravda berig.

Forensiese toetse sal uitgevoer word om die oorsaak van sy dood te bepaal. 

Die seun se ma beweer hy was piekfyn toe sy hom ná drieuur die middag gebel het om te hoor of hy veilig van die skool af by die huis gekom het. 

Toe sy om sesuur die aand by die huis kom, was die seun dood.

Bronne: Mirror, Daily Mail, Komsomolskaya Pravda