Hartroerende beeldmateriaal wys die klein primaat, Billy Princess, wat opgebondel ’n kussing omhels by die Javan Gibbon-sentrum in Bogor, Indonesië nadat sy Saterdagaand gebore is. 

Javaanse langarmape word erg bedreig weens habitatverwoesting en dierehandel en daar is ’n bevolking van minder as 2 000 oor in die wildernis.

Ná vrese oor die kleinding se oorlewing toe haar ma ’n noodkeisersnee moes kry, word die klein vegter nou deur personeel grootgemaak terwyl haar ma herstel.

Die pasgeborene is die ma se tweede kleinding, maar die eersteling het ongelukkig nie oorleef nie. Foto: Magazine Features

“Die ma het bevallingsprobleme gehad wat ’n noodkeisersnee genoodsaak het,” het die versorger Pristi Nuratika gesê.

“Die behandeling vir beide ma en baie is intensief. Hulle moet elke dag gemonitor word om te verseker hulle genees en ontwikkel.

“Die ma benodig drie keer per dag medikasie. Haar eetlus word ook fyn dopgehou om te verseker sy raak behoorlik gesond. 

'n Javaanse langarmaap. Foto: Magazine Features

“Daar moet soos ’n menslike baba na die kleinding omgesien word. Sy benodig formulemelk en die hitte van die son, asook ’n broeikasboks.” 

Billy sal weer in haar ma se sorg geplaas word sodra sy herstel, waarna albei in die wildernis vrygelaat sal word. 

Die pasgeborene is die ma se tweede kleinding, maar die eersteling het ongelukkig nie oorleef nie. 

Die Javan Gibbon-sentrum het sy deure in 2002 oopgemaak om die bevolking van hierdie spesies te bewaar en huisves tans 20.