1. Duitser drink elke dag 3 liter van sy eie urine 'om gesond te leef'

Jan drink daagliks sowat 3 L van urine. Foto: Mediadrumworld/ @janshamanic/Magazinefeatures.co.za

Dié man drink daagliks tot 3 liter van sy eie urine en neem dit ook deur sy oë, neus en ore in. Hy spuit die afvalvloeistof met ’n spuit in sy ore, spoel dit met ’n oogglas om sy oë en vryf dit aan sy vel. Volgens Jan is urine die beste medisyne wat daar is en daarom raak hy nooit siek nie.  

2. Vrou dink Vin Diesel het haar lief en stuur vir 'hom' meer as R100 000

Foto's: Newsflash/Magazinefeatures.co.za

’n Duitse vrou wat gedink het sy het ’n aanlyn verhouding met die Fast and Furious-ster Vin Diesel het by die polisie gekla nadat sy geld oorgeplaas het om hom te help.

Die vals Vin Diesel het ’n omvattende kommunikasieveldtog met die 45-jarige vrou gevoer. Hy het in Google Hangouts aangesluit, Instagram-boodskappe gestuur en haar “meisie” en “skat” genoem. Hy het vir haar gesê hy wil hê ’n verhouding moet ontwikkel en hy wil vir haar geld stuur.

3. Doodstraf vir verpleegster wat dokter in stukke sny, kook

Li Fengping. Foto: AsiaWire/Magazinefeatures.co.za

’n Verpleegster wat ’n dokter-kollega in China vermoor het, sy liggaam in stukke opgesny en gekook het, is pas die doodsvonnis opgelê. Sy het hom uit weerwraak vermoor nadat hy haar glo afgepers het om met hom seks te hê.

4. KYK: Mans steel krokodil en neem dit op motorfiets huis toe

Foto: Newsflash/Magazinefeatures.co.za

Twee vermeende wildsmokkelaars het ’n lewende krokodil gevang en hom op ’n motorfiets huis toe vervoer tewyl die motorfietsryer wydsbeen oor die dier se lyf sit. 

5. Die skok toe dokter bloedsuier uit seun se keel trek

Die dokter vermoed die bloedsuier het in die seun se lugpyp beland toe hy onbehandelde water gedrink het. Foto: Newsflash/Magazinefeatures.co.za

Dié foto’s wys die oomblik toe ’n Chinese dokter ’n groot bloedsuier uit ’n jong seun se lugpyp trek, nadat die seun langer as ’n jaar van keelseer gekla het.

6. Dooie meisie (12) weer lewend tydens begrafnisritueel

Foto: Newsflash/Magazinefeatures.co.za

Die familie van ’n 12-jarige Indonesiese meisie wat weens diabetes-verwante orgaanversaking dood verklaar is, was geskok toe sy wakker word terwyl hulle haar liggaam vir die begrafnis gereinig het.

7. KYK: Man klou op besige snelweg aan eks se motor vas

Mr Li
Die man het aan die enjinkap van sy eksvrou se motor vasgeklou. Foto: Chongqing News/Newsflash/Magazinefeatures.co.za

’n Man het aan die enjinkap van sy eksvrou se motor vasgeklou terwyl sy en ’n manlike vriend op ’n snelweg gery het – als terwyl sy dit verfilm het. 

8. Dokters verwyder pankreas-gewas ‘so groot soos ’n kat’

gewas so groot soos n kat
Foto's: Cleveland Clinic Abu Dhabi/Newsflash/Magazinefeatures.co.za

Die 50-jarige vrou van Aboe Dhabi in die Verenigde Arabiese Emirate het die enorme kwaadaardige gewas, wat ’n volle 3,5 kg weeg, sowat ’n jaar lank onwetend in haar lyf gedra voor dokters dit ontdek en verwyder het. 

9. Sakke vol vet uit swanger vrou se bloed verwyder ná sy ooreet

Foto: Newsflash/Magazinefeatures.co.za

Dié skokkende foto toon een van die sakke vet wat 'n maand gelede uit die bloed van ’n swanger vrou gefiltreer is nadat sy twee dae lank braaihoender en -vark geëet het.

10. Dokter trek 1,8 m se hare uit vrou se maag

Foto: AsiaWire/Wuhan Maternity/Magazinefeatures.co.za

Dié ongelooflike foto’s wys hoe ’n chirurg in Wuhan, China, sowat 1,8 m se gekoekte hare uit ’n vrou se maag trek nadat dit vir dekades gegroei het vanaf ’n groot eierstokgewas wat tande, been en vel bevat het.