Die onbekende Amerikaanse vrou van Santa Maria, Kalifornië, het haar trougaste op Facebook laat weet haar tante se lyk sal uitgestal word terwyl sy en haar maat ewige trou beloof, berig The Sun UK

Nadat haar plasing – waarop die bruid se naam verwyder is – op ’n Facebook-blad met die titel That’s It I’m Wedding Shaming gedeel is, het baie sosialemediagebruikers geskok gereageer, terwyl party oor die bruid se planne verward was, berig Mirror UK

Die toekomstige bruid het haar besluit verdedig deur te sê dit is geneem omdat begrafniskoste peperduur geraak het.

Die plasing het nog meer bisar geword toe die onbekende vrou vriende van haar tante Karen aanmoedig om tydens haar huweliksfees “in te loer” en die lyk te besigtig. In die oorspronklike plasing skryf die vrou: “Liewe vriende en familie van die troue, party van julle het dalk reeds die nuus gekry, maar Tant Karen is ongelukkig aan natuurlike oorsake oorlede.

 “Ons is almal baie hartseer oor haar heengaan, maar ons belowe ons sal nie die troue volgende week kanselleer nie. Ter ere aan haar weet ons sy sou wou hê ons moes fees vier en ’n dag vol liefde en vreugde hê.” 

Die toekomstige bruid het toe haar besluit verduidelik om ’n begrafnis op die troue te hou.“Ek wil ook graag byvoeg dat begrafniskoste die hoogte in skiet en ons sal ’n oopkis-sessie tydens van die trouverrigtinge hê.

“Kom loer gerus tydens die troue in om te groet, sy sal uitgestal wees vir diegene wat ’n bietjie afsluiting wil kry. Onthou, al kan dit hartverskeurend wees om geliefdes te verloor, is daar ook ’n vreugde in liefde en vennootskap in die huwelik vier.

“Ons is opgewonde om julle almal Sondag daar te sien.”

Gebruikers op die groep kon nie verstaan hoekom iemand ’n lyk tydens bruilof sou wou uitstal nie. 

“Ek is volkome ten gunste daarvan om die (oorlede) vrou te eer, maar ’n gesamentlike troue en begrafnis is vreemd,” sê ’n gebruiker. 

“‘Sy sal uitgestal word’ is die versiering op dié uiters vreemde koek van ’n geleentheid,” lewer nog een kommentaar. 

Bronne: The Sun UK , Mirror UK, Metro UK