Die kleinding se ma, Tara Simich van Perth, Australië, het onlangs ’n reeks foto’s op Instagram gedeel waarin hy met sy haredos spog.

Die ma van twee sê haar seun se hare veroorsaak dat die koppe draai waar hulle ook al heen gaan.“Dit stuit mense in hul spoor,” het Tara aan news.com.au gesê.

“Hy veroorsaak ’n beroering oral waar hy gaan.“Die meeste mense is geskok, want hy is so klein – hulle kan nie glo dis sy hare nie. Maar dit is.”

Tara, wat ’n fiksheidsprogram, Jungle Body, bestuur, sê Boston was met ’n indrukwekkende boskaas gebore. “Hy het presies dieselfde hare as sy pa.”

Tara se aanhangers in die sosiale media is verstom met die baba se haredos, berig The Sun.

“Wat ’n oulike knapie! Ek het nog nooit sulke hare gesien nie,” het een geskryf.“Sjoe, dis ’n ongelooflike boskaas!” het nog een laat hoor.

Bronne: News.com.au, The Sun, The Queensland Times