En dit neem omtrent die internet op horings!

As jy vir die eerste keer na die foto kyk, sien jy iemand se netjiese agterplaas met die pragtigste bome in die agtergrond. 

Dan kyk jy ’n oomblik langer na die foto en sien ewe skielik ’n motor se wiel en iets wat soos ’n spieël lyk.

Die sosialemediaplatform Reddit het dié foto geplaas met die onderskrif: "Hierdie swart motor lyk nes ’n spieël nadat dit gewas is".

Foto: Reddit

Baie Reddit-gebruikers meen dit het hulle ’n tydjie geneem om die motor te sien.

Die deur van die motor. Foto: Reddit

"My ou motor was swart en as ek dit twee of drie keer met was gesmeer het dan het dit ook so gelyk," sê Acid-hologram. 

Die motorhandvatsel. Foto: Reddit

Ene Unknown_002 is "bang en deurmekaar". Ejthedj420 stem saam en sê: "Ek ook man, ek is angstig. Wat gaan aan?"

Menige gebruiker meen ook dat die foto gedokter is en vra vir ’n foto van die hele motor.

Hoe lank het dit jou geneem om die motor te sien?