Shyam Lal Yadav (75) van Indië, het ’n unieke toestand wat veroorsaak het dat ’n eenhoring-styl horing begin groei het nadat hy vyf jaar gelede ’n kopbesering opgedoen het. 

Die uitgroeisel word ook 'duiwelshoring' genoem vanweë die voorkoms en ligging daarvan. 

Shyam het by verskeie dokters en hospitale aangeklop, maar omdat die operasie duur was, kon hy dit nie bekostig nie en hy het aanhou saamleef daarmee.

Hy was later verleë oor die onnatuurlike groeisel en het die hulp van ’n barbier aanvaar om dit te sny, maar was geskok toe die horing weer begin groei.

horing man
Hy was later verleë oor die onnatuurlike groeisel en het die hulp van ’n barbier aanvaar om dit te sny, maar was geskok toe die horing weer begin groei. Foto: Caters/Magazinefeatures.co,za

Die horing, wat geen pyn veroorsaak het nie, het eindelik meer as 10 cm lank geword.

Hy het eindelik die Bhagyoday Tirth-liefdadigheidstrust besoek waar dr. Vishal Gajbhiye vetagtige horing, ’n uiters seldsame toestand waar ’n vetterige afskeiding of keratien ophoop en ’n dik bult vorm, by hom gediagnoseer het. 

Die dokter het sy saak verder bekyk en CT-skanderings gedoen om die diepte van die horingagtige struktuur te vind om te bepaal of ’n neurochirurg vereis word.  

“Dit was gelukkig nie diep nie en het nie aan die brein geraak nie,” het Vishal gesê 

horing man
Die dokter het sy saak verder bekyk en CT-skanderings gedoen om die diepte van die hornagtige struktuur te vind. Foto: Caters/Magazinefeatures.co,za

“Hy het geen probleme of pyn ervaar nie. Dit was ’n kosmetiese probleem. Hy was verleë om met ’n horing op sy kop rond te loop. Nadat die horing verwyder is, het die dokter die vel van Shyam se voorkop gebruik om die gaping deur plastiese chirurgie op te vul. 

“Ons het ’n operasie gedoen wat meer as ’n uur geduur het. Daarna het ons ’n veloorplanting gedoen om die gaping te vul en die kol bedek.” 

horing man
Die groeisel was 10 cm lank. Foto: Caters/Magazinefeatures.co,za

Vishal het dit ’n seldsame geval genoem en gesê dis een van baie min gevalle in die wêreld.  

“Ek het probeer uitvind of daar sulke gevalle in die wêreld is, maar kon niks op die internet vind nie,” het hy gesê.

Oor die moontlike oorsake agter die seldsame verskynsel het Vishal gesê dit kan die versameling van vet wees.

“Daar is verskeie teorieë. Een teorie is dat daar ’n vetklier binne die kopvel is wat ’n vloeistof uitskei om die hare geolie te hou.

“Ek dink die afskeiding het dalk gestop en die vloeistof is steeds gebêre en dit het ’n horing gevorm.”

Meer oor die duiwelshoring

Ná afloop van chirurgie kan bestraling of chemoterapie ook ingespan word om die horing te behandel.

Navorsers glo dat sonlig moontlik tot die toestand kan bydra omdat dié soort gewasse gewoonlik op liggaamsdele verskyn wat aan die son blootgestel word.

Die oudste gedokumenteerde geval van duiwelshoring, is dié van ’n Walliese vrou in Londen in 1588.

Die duiwelshorings kan op die gesig, ore, hande en tone voorkom.

Tot dusver is daar sowat 150 gevalle aangemeld.


Bronne: ncbi.nim.nih.gov, nypost.com, unilad.co.uk