Dronkgeslane polisiebeamptes weet nie wat om te doen nie, want hy is amptelik dood verklaar nadat sy ma die lyk uitgeken het.

Hulle weet ook nie wie die dooie man was wat veras is nie.

Die seun sê hy het net tyd afgevat om “oor die betekenis van die lewe te dink”. 

Antonina Mikhailovna (62), van Kronstadt op Kotlin-eiland net wes van St. Petersburg in Rusland, het op 18 Maart vanjaar haar 43-jarige seun, Konstantin, as vermis aangemeld. Sy het gesê hy was vir ses dae lank vermis.

Konstantin
Foto: Magazine Features

En sy het vertel dit was een van die ergste dae van haar lewe toe die polisie haar ’n maand later bel om te sê hulle vermoed hulle het sy lyk gekry. Sy is toe na die lykshuis ontbied waar sy hom uitgeken het. 

Die familie, onder andere Konstantin se vervreemde vrou en dogter, het toe die begrafnis gereël met ’n verassing by die plaaslike bergaafplaas daarna.

Maar vier maande later het iemand aan Antonina se deur geklop. Sy was verstom toe sy oopmaak en haar seun voor haar sien staan. Sy het aan die plaaslike media vertel sy het amper van skok ineengestort toe sy die “dooie man” buite sien staan.

Konstantin
Antonina het haar seun selfs gaan uitken by die lykshuis. Foto: Magazine Features

Die polisie erken hulle is onseker oor die beste pad vorentoe. ’n Polisiewoordvoerder het gesê: “In die lykshuis van die Frunze-distrik van St. Petersburg het die man, Antonina Mikhailovna, haar seun, Konstantin, uitgeken as ’n dooie mens wat daar gehou word.”

Hy het gesê die man is nou amptelik dood verklaar en hulle het die bykomende probleem dat hulle nie weet wie die dooie man is wat veras is nie. 

Sy het vir die polisie gesê sy was destyds baie ontsteld en om verskoning gevra dat sy die lyk wat aan haar gewys is verkeerd geïdentifiseer het. “Hy het baie bekend gelyk en toe bevestig ek vir die polisie hy is my seun.” 

Konstantin
Foto: Magazine Features

Kontantin, wat ’n militêre skool bygewoon het en op die eiland – wat ’n reuse vlootbasis is – gewerk het, het gesê die lewe het vir hom te veel geraak en hy het tyd afgevat om homeslf te ontdek. 

Toe die polisie hom ondervra, het hy gesê: “Ek het oor die betekenis van die lewe gedink en wat ek wou doen.”

Maar nou moet hy uitpluis hoe om sy lewe terug te kry en wie dit was wat met hul dood sy ou lewe weggeneem het. 

Die polisie het bevestig hulle ondersoek die saak.