Wel, dié nuwe wenkbrouneiging het omtrent die internet ingekatrol – letterlik!

Die “effense gepunte visstert”-neiging het Instagram met mening getref nadat die Amerikaanse skoonheidsmagnaat Huda Kattan ’n foto gedeel het wat ’n medeskoonheidskenner vir haar van ’n kunstige wenkbrou-ontwerp gestuur het.

Fishtail Brows ?? what do you think? ??@skyzhighlight

A post shared by SkyzEditz - Stefan (@skyzeditz) on

Maar volgens Metro News het die neiging begin met skyzeditz, ’n Instagram-blad bekend vir foto’s van sterre wie se voorkoms gephotoshop is.

En as jy bekommerd is dat jy ’n skeermes sal moet kry om ’n deel van jou wenkbrou af te skeer om die neiging te volg – moenie!

The Sun stel voor dat jy die boonste helfte van die visstert met ’n oogpotlood doen, en dan verbloemer gebruik op ’n deel van jou wenkbrou om ’n gaping te skep.

Daar is egter ’n geheim wat dié vreemde neiging betref: Die meeste van die visstert-wenkbroue op Instagram is digitaal gedokter.

As jy dus jou storie ken met Photoshop, hoef jy nie ’n vinger te lig om die wenkbroue te skep voor jy jou foto oplaai nie!


Bronne: thesun.co.uk, metro.co.uk, mashable.com