Maar ’n Londense brandbestryder se ore het behoorlik getuit toe hy dit probeer doen. 

Nadat Jessie, ’n papegaai van Edmonton, drie dae op ’n dak gesit het, het haar rasende eienaars die Londense Brandweer gebel, want hulle was bekommerd die turkoois-en-geel voël is dalk beseer en kan nie vlieg nie, berig Metro.

Nadat een van die eienaars voorgestel het die brandbestryder sê “ek is lief vir jou” om die voël na hom toe te probeer lok, het die niksvermoedende redder so gemaak. Maar pleks van na hom toe stap, het die vuilbek-arapapegaai “f*k jou” geskree. 

Die brandweerhoof Chris Swallow sê: “Jessie was drie dae op dieselfde dak en daar het kommer bestaan dat sy dalk beseer was en dat dit was hoekom sy nie afgekom het nie. 

“Ons spanbestuurder was die vrywilliger wat met die leer opgegaan het om Jessie te probeer afbring. 

“Ons is aangesê dat om met die papegaai ’n band te vorm, moet jy vir haar sê ‘ek is lief vir jou’ sê, wat presies is wat die spanbestuurder gedoen het. 

“Terwyl Jessie ‘ek is lief vir jou’ teruggeantwoord het, het ons toe agtergekom sy het ’n bietjie van ’n vuil bek en sy het tot ons vermaak aanhou vloek.

 Nadat hulle gehoor het Jessie en haar eienaar praat ook Turks en Grieks, het die span haar oorreed om af te kom deur “kom” in albei tale te sê, berig The Sun.

Die Londense Brandweer het eienaars genoop om eers die Dierebeskermingsvereniging te bel voor hulle die nooddienste ontbied wanneer diere in nood is nadat hulle ’n groot getal oproepe ontvang het oor diere wat hulp nodig het, berig The Telegraph.

Bronne: The Sun, The Telegraph, Metro