Foto’s wys hoe oortrek die kinders, van die stad Torrelavega in die noorde van Spanje, met hare is.

Beamptes het erken ’n groep kinders is verkeerdelik minoksidiel – ’n haargroeimiddel – toegedien, pleks van omeprasool om refluks mee te behandel. 

kinders met harerigge lyfies
Foto: Newsflash/Magazinefeatures.co.za

Twee jaar ná die mediese blaps groei weerwolfagtige hare steeds reg oor die kinders se lywe.  

Die kinders se woedende ouers het die nuus bekendgemaak. Later is bevestig 20 kinders in Andalusië en in Valencia is ook daardeur geraak.

kinders met harerigge lyfies
Foto: Newsflash/Magazinefeatures.co.za

Volgens die land se departement van gesondheid het die owerheid einde Julie 2019 bewus geraak van die fout toe ’n groep families ’n klag hieroor ingedien het. 

Die families het siviele en strafregtelike klagtes ingedien teen ’n laboratorium en verskeie maatskappye wat vir die invoer, vervaardiging, verspreiding en verkoop van die medisyne verantwoordelik was asook teen twee plaaslike apteke wat later deur die regter vrygespreek is. 

kinders met harerigge lyfies
Foto: Newsflash/Magazinefeatures.co.za

Die kinders wat minoksidiel ingekry het, het hipertrigose – die voorkoms van oortollige liggaamshare – ontwikkel.

Die gesinne van sommige kinders kla dat die hare ondanks behandeling aanhou groei, en hulle eis nou vergoeding.