Dis nogal vreemd om met iemand uit die dode oor die telefoon te praat.

Sy “lyk” duik op in restaurante, by lughawens of in parkies – maar wees gerus, dis net ’n verbeeldingryke, bekroonde sjef van Durban en Umhlanga Rocks wat ’n punt probeer maak met hutsmerke soos #alllivesmatter.

Hy het sy restaurant in Umhlanga Rocks verkoop en werk deesdae saam met die bekende troubeplanner Zavion Kotze-Brereton van Survivor SA- en Wedding Bashers-faam op TV.

"Dis baie pret. Omdat Instagram en ander sosiale media ego-gebaseerd is, het ek gevoel ek wil iets doen wat net mooi die teenoorgestelde is. En ek voel glad nie skaam of verneder nie, want my naam is klaar in die gutter, ek kan net soveel langs die pad gaan lê," spot hy oor die foon.

“In ’n samelewing wat ’n obsessie het met selfies, hoe ons lyk, wat ons bestuur, wie ons ken en wat ons het, sal Drew eerder doodgaan. Kom sluit aan by sy lewelose avonture,” verduidelik Andrew op sy Instagram-blad, @drew_dies_daily.

Dit herinner aan die planking-gier van so ’n paar jaar gelede, toe mense op die vreemdste plekke hul lywe so reguit soos ’n plank gehou het.

Sommige mense sal dit grieselrig vind, maar van die foto’s en video's is regtig skreeusnaaks. Elke dag is daar ’n nuwe Instagram-plasing. ’n Mens kan nie wag om te sien waar Drew se “lewelose” liggaam hom bevind nie.

"Mense loop oor my. Ander poseer vir foto's langs my en plaas hul selfies aanlyn. Gelukkig het niemand nog gedink ek is regtig dood nie," voeg hy by.

Die plekke waar hy hom bevind, wissel van ’n winkel by ’n motorhawe tot by ’n boom in ’n wildreservaat in Hluhluwe, KwaZulu-Natal. Hier is ons snaaksstes:

View this post on Instagram

#drew_dies_daily #durban #mosesmabhida #alllivesmatter

A post shared by Drew_dies (@drew_dies_daily) on

Ekstra bron: Goodthingsguy.com