Personeel en vrywilligers van die Elders Voice-liefdadigheidsorganisasie poseer kaal om die stigma rondom ouer word af te breek. 

’n Getroude paartjie, wat uithelp as vrywilligers, is gekiek waar hulle kaal wals terwyl ’n pianis toekyk, en die organisasie se nutsman is afgeneem waar hy ’n wasbak bestudeer en daar is ’n groep modelle wat sit en tee drink.

Ander interessante foto’s wat die fotograaf Liam Young (32) geneem het, is dié van ’n man op die dak wat uitkyk oor Londen en ’n groep vrywilligers wat ’n musiekgroep vorm met ’n tamboeryn, kitare en ’n klavier wat net die nodige bedek.

kaal pensioenares
Foto: MDWfeatures / Liam Young/MagazineFeatures.co.za

Die modelle, almal personeel, vrywilligers en dienstegebruikers van Elders Voice – ’n liefdadigheidsorganisasie wat steun en sosiale geleenthede bied aan mense ouer as 55 in Brent – het kaal poseer vir die 2020 In Rude Health-kalendar en die opbrengste sal die organisasie se dienste befonds.

Daar word met die foto’s gemik om stereotipes oor ouderdom en ouerword uit te daag, asook hoe ouer mense in die media uitgebeeld word.

Die vrywilliger Richard Downes het betrokke geraak by die kalendar nadat sy vrou, Jean Bayliss, wat ook poseer, hom oorreed het.

“Ek het dit eintlik net gedoen omdat my vrou my gevra het.

"Sy het my oortuig dit sou pret wees, en dit sal waarksynlik die enigste keer wees wat ek dit doen. Dit het gehelp dat ons ’n jarelange verhouding het met Elders Voice en die organisasie ondersteun,” het Richard gesê.

Foto: MDWfeatures / Liam Young/MagazineFeatures.co.za

“Daar’s ’n gaping met hoe die ryk bejaardes teenoor die eensames in die media uitgebeeld word. Ek dink ons het as ’n groep heel goed hierop gereageer en onsself as individue – foute en al – voorgestel.”

kaal pensioenares
Foto: MDWfeatures / Liam Young/MagazineFeatures.co.za

“Die media dra gewoonlik onrealistiese beelde oor – die sogenaamde ‘volmaakte liggaame’ – maar die werklikheid is die meerderheid mense lyk nie so nie.

“Ouer mense word oor die algemeen negatief in die media uitgebeeld. Dikwels as passief en kwesbaar of as aweregse bejaardes wat uit vliegtuie spring.

“Nie een van die twee is realisties nie. Bejaardes is immers net mense met uiteenlopende leefstyle.”

Die inspirasie kom vanaf die Calendar Girls-inisiatief en die operasionale direkteur Karolina Januszek was destyds die vrou agter die idee. Dit is ook in ’n fliek omskep.

kaal pensioenares
Foto: MDWfeatures / Liam Young/MagazineFeatures.co.za

Tien mense tussen van 45 en 84 was deel van die fotosessie. In Rude Health is beskikbaar om teen £15 op eBay. 

Jenny Davison, uitvoerende hoof van Elders Voice, was ook deel van die fotosessie.