Volgens die plaaslike media is Denis Albino (47) die naaslangste lewende man in Brasilië - hy is ’n volle 2,3 m lank.

Hy sê hy benodig ’n voertuig om na optredes en televisieverskynings te reis wat verband hou met sy duiselingwekkende lengte, maar is gefrustreerd omdat hy gedurig afgekeur word wanneer hy ’n rybewys probeer kry.

Denis, wat in die Brasiliaanse hoofstad Brasilia gebore is, het die eerste keer in 1994, toe hy 21 was, leer bestuur.

Denis Albino
Sy voete word beskou as te groot vir die pedale. Foto: CEN/Denis Albino/Magazinefeatures.co.za

Maar ten spyte van verskeie pogings om ’n rybewys te kry, is hy altyd beskou as te groot vir die voertuig wat vir die toetse gebruik word.

Sy voete is luidens berigte ook te groot vir die pedale. Hy het vier jaar gelede ’n Volkswagen Parati gekoop en die bestuurdersitplek laat verleng vir 10 cm meer ruimte sodat sy bene kon inpas.

Denis Albino
Foto: CEN/Denis Albino/Magazinefeatures.co.za

Sy kop raak egter steeds aan die dak. Denis sê hy ondervind soortgelyke probleme op vlugte en het aan die plaaslike media gesê: “Ek moet altyd ’n sitplek by die nooduitgang bespreek waar daar ruimte is vir my bene, anders kan ek nie vlieg nie.”

Denis Albino
Denis is die tweede langste lewende man in Brasilië en staan 2,3 meter in sy sokkies. Foto: CEN/Denis Albino/Magazinefeatures.co.za

Hy erken die polisie het hom al verskeie kere voorgekeer terwyl hy sonder ’n rybewys bestuur.

“Elke keer as ek afgetrek word, luister hulle na my storie en help hulle my,” sê sy.