In die video klink ma Heidi se stem verslae op: “My f*k, Marelize . . .”

Nou het Marelize se ousus, Wilmari (21), nóg ’n selfoonvideo van haar kleinsus se fietskapades met Huisgenoot gedeel – en weer raak Marelize die pad heel byster.

“Draai ’n bietjie by die bome en dan vat jy ’n groot draai links,” kom Wilmari se opdrag in die video.

Maar, o f*k, Marelize draai regs!

“Wat verstaan jy nie? Nee, wat doen jy?” roep Wilmari.

Dan roep sy: “Stop, o f*k!”

  • Huisgenoot het in Windhoek by die borrelende Marelize gaan kuier, lees die volledige onderhoud in Huisgenoot se uitgawe van 14 Maart, te koop vanaf Vrydag, 8 Maart.