Maar sy is geliefd in Melbourne, veral in die kafees en kroeë waar haar vreemde gewoonte as sy opgewonde raak mense vermaak. Sy klapper haar tande soos ’n ou tikmasjien – tot in die harte van byna 48 000 volgelinge op Instagram.

Lucy Percival en haar lewensmaat het twee en 'n half jaar gelde vir Salty aangeneem by Gumtree Greys, 'n organisasie wat windhonde in Australië van die resiesbane red en by liefdevolle “ouers” uitplaas.

“Van Salty se gunsteling-dinge is om trein te ry, om in ’n kroeg te gaan kuier of na plaaslike kafees toe te stap vir ’n puppuccino,” vertel Lucy aan The Dodo.

“Sommige mense raak bekommerd dat sy siek, bang of koud is as sy haar tande klapper,” voeg Lucy by. Maar dis net een van die sonderlinge maniere waarop windhonde hul emosie van opgewondenheid uitdruk.

Lucy was van meet af aan mal oor Salty se haastande en ook oor haar naam. “Ek het baie soorte sout en gegeurde sout, sowat veertien verskillendes, in my kombuis. Dis ’n bietjie van ’n obsessie. Dit het net so perfek gevoel dat ’n hond met die naam Salty by ons gesin aansluit.”

Bronne: womansworld.com, dogheirs.com