Die dramatiese foto’s is deur die onderwaterfotojoernalis en marienebewaarder Tanya Houppermans (46) van die Amerikaanse staat Virginia geneem.

Tanya, wat die bekendste is vir haar foto’s wat die skoonheid van haaie beklemtoon, se werk het al in publikasies in meer as 20 lande verskyn. Dit het haar ook verskeie pryse besorg – mees onlangs die eerste plek in die 2018 Underwater Photographer of the Year Contest en Big Picture: Natural World Photography Competition.

Krokodil
Foto: Tanya Houppermans.

'n Mens kan jou maar net indink dit moet senutergend wees om die water te deel met die krokodille wat sowat 82 kg kan weeg en bykans as 2,5 m lank kan word. Maar Tanya kry dit reg om binne sentimeters van die toproofdiere te kom sonder om in sweet uit te slaan.

Foto: Tanya Houppermans.
Krokodil
Foto: Tanya Houppermans.

“Hulle kan aanvoel wanneer jy senuagtig en bewerig is, dus is dit die beste om kalm en ontspanne te bly. Die beste ontmoetings is wanneer hulle jou nader. Ek probeer gewoonlik ook my bewegings doelbewus stadig hou. Ek wil nie hê die diere moet my as ’n bedreiging sien nie.”

Tanya verduidelik: “Ek is altyd op die uitkyk vir enige verandering in gedrag wat op vrees, aggressie of angstigheid kan dui. Ek is altyd gereed om uit die water te kom wanneer dinge nie heeltemal reg voel nie.

"Ongelukkig word Amerikaanse krokodille as ’n bedreigde spesie beskou. Al kan krokodille ’n honderd jaar lank leef, haal net een uit vier die ouderdom van vier weens hul kwesbaarheid terwyl hulle groei.

krokodil
Foto: Tanya Houppermans.

Dié skokkende werklikheid dra by tot die lang lys kwessies wat met die seebewoners verband hou, maar die verspreiding van kennis oor dié diere bly die hooffokus van Tanya se werk.

“Ek hoop mense kan deur my foto’s nader aan die diere voel en dalk selfs doen wat hulle kan om hulle te help beskerm,” sê Tanya.

“Jy kan slim keuses maak oor wat jy eet en die produkte wat jy gebruik. Wees bewus van waar jou seekos vandaan kom en leer oor die volhoubaarheid van seekos.

“Voor ek begin foto’s neem het, het ek ‘n marathon gehardloop om geld vir haai-bewaring in te samel. Mense kan op verskillende maniere binne hul vermoë bydra.

Krokodil
Foto: Tanya Houppermans.
Krokodil
Foto: Tanya Houppermans.

“Ek kon nie anders as om op die krokodille van Kuba verlief te raak nie. Ek dink hulle is ongelooflik mooi. Ek kan nie wag om eendag terug te keer en meer tyd in die water saam met hulle te spandeer nie.

“Ek waardeer dit wanneer mense met verwondering en nuuskierigheid reageer. Dit beteken hulle voel ’n verbintenis met die foto, en dit skep geleentheid vir 'n dialoog waarin ek hul vrae kan beantwoord – soos hoekom die krokodille nie aggressief is teenoor my nie, of hoekom hulle my nie probeer byt het nie.

Krokodil
Foto: Tanya Houppermans.

“Die foto’s stel die kyker in staat om meer te leer en van hul eie wanopvattings te konfronteer. Natuurlik is daar mense wat dink ek neem onnodige risiko’s, maar ek voel die belonings weeg swaarder.

“As my foto’s en artikel mense inspireer om te doen wat hulle kan om met bewaring in die oseane te help, dan het ek my werk gedoen.”