Twee meer uiteenlopende skepsels kry jy waarskynlik nie maklik voor die kamera nie: die balletdanser, die ene dissipline, grasie en beheer, en die hond, speels, laf en onvoorspelbaar. Maar sit die twee saam op ’n foto en dis pure betowering.

Die idee vir die nuwe boek Dancers & Dogs het in 2017 ontstaan toe die foto­grawe Kelly Pratt en Ian Kreidich op ’n dag gewonder het: “Sê nou ons neem balletdansers saam met honde af?”

Die man-en-vrou-span van St. Louis in Amerika is bekend vir hul dansfoto’s. Die egpaar het toe binne die bestek van twee en ’n half jaar 101 dansers en 123 honde in 10 stede afgeneem, en dié versameling foto’s verskyn nou in ’n koffietafelboek.

Ian Kreidich en Kelly Pratt, die fotograwe en skry
Ian Kreidich en Kelly Pratt, die fotograwe en skrywers van die boek Dancers & Dogs.

Die hoofboodskap? Ballet is nie altyd ernstig nie – en anders as wat die spreekwoord beweer, kán jy “ou” honde nuwe toertjies leer.

“Dancers & Dogs wys die ligter, mens­liker kant van dansers,” sê Kelly.

“Die siel van die boek gaan nie oor volmaaktheid nie – ’n idee wat baie moeilik vir balletdansers kan wees. Dit gaan oor in die oomblik wees en om vreugde te ervaar.

“Want honde gee nie om of jy die hoogste arabesk het of 32 volmaakte draaie kan maak nie. Hulle is vir jou lief nes jy is.”

Kimberly Morse met Mikey, ’n Cavalier King Charles-spanjoel

Kimberly Morse met Mikey, ’n Cavalier King Charles
Kimberly Morse met Mikey, ’n Cavalier King Charles-spanjoel.

Kelly en Ian het gekies om beroepsdansers in te span, “want ons het geweet die honde sou onvoorspelbaar wees.

Die dansers moes so voorspel­baar moontlik wees, sodat ons ons nie daaroor hoef te bekommer of hulle hul doelwitte kan bereik terwyl ons probeer om die honde in posisie te kry nie.”

Magnus

Magnus.
Magnus.

Magnus, ’n reus­agtige cane corso, het ’n tutu vir die kamera gedra.

Alex Wong en Peach, ’n pitbull-kruising

Alex Wong en Peach, ’n pitbull-kruising.
Alex Wong en Peach, ’n pitbull-kruising.

Peach wag geduldig dat Alex terugkom aarde toe – met die regte kant na bo.

Michael McGonegal met Noble, ’n Dalmatiese hond

Michael McGonegal met Noble, ’n Dalmatiese hond.
Michael McGonegal met Noble, ’n Dalmatiese hond.

Dansers van Kanada, Mexiko, Spanje, Ierland, China, Brasilië en Uruguay het saam met die Amerikaners aan die projek deelgeneem.

Jolie Rose Lombardo met die basterbrakkie Stitch

Jolie Rose Lombardo met die basterbrakkie Stitch.
Jolie Rose Lombardo met die basterbrakkie Stitch.

Al die dansers het hul tyd vrywillig aangebied om deel van die projek te wees en baie van die diere wat afgeneem is, is honde wat gered is.

Maxine Hupy en Peek, ’n newfoundlander

Maxine Hupy en Peek, ’n newfoundlander.
Maxine Hupy en Peek, ’n newfoundlander.

Elke danser-en-hond-span was sowat ’n uur en ’n half op die stel. Die eerste 20 minute van elke sessie is opsygesit sodat die dansers en honde mekaar kan leer ken en die diere aan hul nuwe omgewing gewoond kan raak.

Maxine Hupy met die kollies Hero en Loki

Maxine Hupy met die kollies Hero en Loki.
Maxine Hupy met die kollies Hero en Loki.

Omdat hulle so intelligent en rats is, is kollies die honderas wat die meeste afgeneem is.

Robert Downey jr. en Mr Pink

Courtney Shealy met Robert Downey jr. en Mr Pink.
Courtney Shealy met Robert Downey jr. en Mr Pink.

Courtney Shealy is deur die oulike paar golden retriever-?hondjies, Robert Downey jr. en Mr Pink, betower.

Destiny Wimpye en Lucca, ’n bouvier

Destiny Wimpye en Lucca, ’n bouvier
Destiny Wimpye en Lucca, ’n bouvier.

Destiny se raad aan jong mense wat ’n dansloopbaan oorweeg: “Druk jouself altyd en wees vol vertroue in wat jy doen. Dis die beste raad wat ek ooit gekry het.”

Natuurlik help dit as ’n bonkige bouvier die leiding gee.

Bianca Bulle met die kollie Hero

Bianca Bulle met die kollie Hero.
Bianca Bulle met die kollie Hero.

‘Die siel van die boek gaan nie oor volmaaktheid nie – ’n idee wat baie moeilik vir balletdansers kan wees.’

Ashley Lew en die kollie Loki

Ashley Lew en die kollie Loki.
Ashley Lew en die kollie Loki.

“Alle honde is anders,” sê Kelly en Ian in hul boek.

“Verskillende goed inspireer hulle om te werk. Party honde word deur peuselhappies gemotiveer, party deur balle en party hou van klikkers. Ons het elke soort ‘bederf’ gesien wat jy jou kan voorstel.”

Carlos Gonzales en Blue, ’n Skotse jagwindhond

Carlos Gonzales en Blue, ’n Skotse jagwindhond.
Carlos Gonzales en Blue, ’n Skotse jagwindhond.

“Om saam met Blue te werk het my help besef hoe opreg en vrygewig honde is,” sê Carlos. “Blue was geduldig en bereid om sonder klagtes goed oor en oor te herhaal – iets waarmee mense baie dikwels nie juis goed is nie.”

Maurice Mouzon en Raven Barkley met Jubilee, ’n Duitse steekhaar-pointer

Maurice Mouzon en Raven Barkley met Jubilee, ’n Du
Maurice Mouzon en Raven Barkley met Jubilee, ’n Duitse steekhaar-pointer.

Dit verg beslis ’n spesiale danser om ’n pointer vir ’n ruk vasgenael – en op een plek – te hou.

Red

Lily Saito en Red.
Lily Saito en Red.

Lily Saito is ’n roos aangebied deur haar vierpotige aanhanger, Red.


FOTO'S: DANCERS & DOGS deur KELLY PRATT en IAN KREIDICH, INSTAGRAM/@PRATTKREIDICH
Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitter en Facebook en teken gerus in op ons nuusbriewe.