Nie ’n enkele wenkbrou is gelig oor al die pels op dié New Yorkse loopplank nie. Inteendeel, in hierdie mode­vertoning was dit die groot trekpleister.

A dog dressed up for a show sits backstage at the
Selfs die oordadige maskers kon nie die oulikheid wegsteek nie. Of die deelnemers self met hul uitrustings beïndruk was, is ’n ander saak. Foto: AFP
- New York - NY - 20190207 - New York Pet Fashion
Hoogtepunt was die Royal Pup­tials, ene prinses Meghan Barkle en Harry Prince of Tails. Dié chihua­hua-­paar­tjie het selfs met hul eie koets gespog. Foto: Gallo Images/Getty Images

Die wêreld se stylvolste honde het onlangs op die Hotel Pennsylvania in Manhattan toe­gesak vir dié New Yorkse modeskou waar honde in fabelagtige kostuums en eksotiese maskers getooi was.

Dié glansryke affêre word jaarliks gehou om saam te val met die New Yorkse Modeweek en die Westminster Kennel Club-hondevertoning, en dit als ten bate van liefdadigheid.

An owner holds his dog, dressed up for a show, bac
Al wat dié outjie kortgekom het, was ’n Romeinse strydwa. Foto: AFP
An owner kisses her dog, dressed up for a show, du
’n Soen vir my hondelief! Foto: AFP

Geld word vir die organisasie Mayor’s Alliance for NYC’s Animals ingesamel.

A dog, dressed up for a show, sits backstage at th
Eienaars het alles uitgehaal met die kostuums. Modeontwerpers van oor die hele wêreld, onder meer Italië, Frankryk, Thailand, Egipte en Mexiko, het deelgeneem. Foto: Gallo Images/Getty Images

Hier is ’n paar van die verfraaide honde wat op die loopplank gepronk het.

A dog, dressed up for a show, sits backstage at th
Die honde het aan vier vertonings, elk met sy eie tema, deelgeneem: Angels & Demons Couture, International Masquerade Couture, Hollywood Dreams en Best in Show. Met die vertonings is geld in- ge­samel vir die Mayor’s Alliance-liefdadigheids­organisasie, wat saam met meer as 150 reddingsgroepe en skuilings werk om die lewens te red van die hawelose diere van New York. Foto: AFP
A dog, dressed up for a show, sits backstage at th
Die honde het aan vier vertonings, elk met sy eie tema, deelgeneem. Foto: AFP