Die fotograaf Dani Giannandrea van Baltimore in Amerika het onlangs ’n projek op Facebook gedeel waaraan sy met haar eenjarige seun, Lorenzo, ook as Enzo bekend, gewerk het.

Die kreatiewe ma het ’n reeks foto’s geneem wat pizza behels om vas te vang hoe Enzo elke maand van die eerste jaar van sy lewe gegroei het.  

Lorenzo is op 10 Februarie 2018 gebore en sy trotse ma kon destyds nie ophou spog met die oulike kleinding nie.

"Hy het reeds 'n kop vol hare (wat sy ma se slegte spysvertering verklaar) en hy lyk so op en wakker soos 'n kind wat reeds 'n maand oud is," het sy destyds die blye nuus oor die aankoms van die vierde lid van hul gesin op Instagram gedeel.

Lorenzo se ouer boet, Charlie Brian, is drie jaar oud.

“Ek het geweet ek wou maandelikse foto’s vir Lorenzo neem,” sê Dani.

“Ek het die projek vir my eerste seun gelos en het beslis as ma ’n bietjie skuldig gevoel daaroor; dus was dit net ’n kwessie van die volmaakte idee vir Lorenzo s’n vind.”

Dani het die idee gekry nadat haar ma voorgestel het sy doen iets wat aan die Italiaanse oorsprong van sy naam hulde bring.  

“Ek het aan ’n pizzaplekkie gedink en gedink as ons dit gaan doen, gaan ons dit reg doen. 

“Kom ons kry kos daaruit sodat ons minstens een keer per maand nie hoef te dink oor wat om vir aandete te maak nie,” sê sy.

Die ma het glo op Pinterest inspirasie gesoek, maar toe eerder met haar eie konsep vorendag gekom.

“Dit lyk of almal van die idee hou – ek hou daarvan dat iets gelukkigs op die web versprei word.

“Vir almal wat sê hulle wens hulle het hieraan gedink – daar is miljoene idees! Wees die eerste om iets epies en prettigs te doen!”

View this post on Instagram

Happy Monday!! I see a lot of new faces around here so I figured I would take a second to introduce myself (even though that’s usually reserved for Friday’s, whatevs, I like breaking rules). I’m Dani! A cool mom and photographer in Maryland. ?? ?? ?? A little about me!?? ?? ?????? ?? 1. The minute I walk in the house I take my shoes off and change into sweat pants. Jeans are fancy clothes. And there are so many pairs of shoes gathered by my garage door. My husband hates it. ????‍??????‍???? ?? 2. I really, really like to be on vacation. Who doesn’t? The minute we are home from the last trip, the next trip has got to be in the works. Just got home from Hawaii 3 weeks ago and the next trip fun family trip has been planned - see ya soon, Arches National Park!???? ?? 3. Unless I am going to be walking around in the freezing cold with my coffee, I am an iced coffee only kinda gal. I’m also obsessed with our Ninja Coffee Maker at home. ????? ?? 4. I have a Master’s degree in Thanatology. Definitely google that and see why I didn’t last too long in that field. I needed a way happier job and have been photographing couples on the happiest days of their lives for over 10 years now. ????????? ?? 5. My only resolution for this year is to take a painting class. I am so excited to find an awesome one for me! Let me know if you have any recs local to Maryland. ????‍???? ?? If you stick around you will see a lot of honest motherhood, wedding photos, and some fun family travels!?? ?? Tell me more about you!! What are you into?? What are your hopes and dreams? How is your Monday going? Tell me I’m not the only one who has a pile of shoes by their door!! ????

A post shared by Dani Leigh (@danileighphotography) on

Dani het dié pragtige foto op Instagram gedeel. Daarby skryf sy: "Enzo se gesiggie toe ek hom vertel hy's instabekend as gevolg van 12 foto's op Instagram."

Dit is onseker of die rakker ook van pizza hou en of die gesin steeds minstens een keer per maand dié Italiaanse gunsteling geniet.

Bronne: Instagram, dannileighphotography.com, romper.com, usatoday.com