Dis nog meer selde dat ’n video wat die flater vasvang ook jou buurland laat lê van die lag.

Maar vir Marelize Horn (19), ’n boorling van Namibië, het dié grappie nou selfs in Spanje gaan draai.

’n Video wat Andrew Tunstall, die voormalige hoof van die trusteediens van die Standard Bank-groep, in die suide van Spanje gemaak het, is die jongste aflewering in die My F**, Marelize-sage.

Hierin vra hy verskeie mense in Spaans of hulle dalk Afrikaans ken, waarop almal plegtig, en met ’n glimlag of gelag antwoord: “My F**, Marelize.”

Hoewel die antwoord dieselfde bly, word dit met elke nuwe Spaanse gesig duidelik dat dié grappie nog lank nie uitgedien is nie.

Sedert Andrew die video Maandagmiddag op Facebook geplaas het, is dit al meer as 2 200 keer gedeel en 75 000 keer gekyk en deur WhatsApp aangestuur.

Marelize het bekendheid verwerf toe ’n video waarin sy op ’n rugbyveld oefen om fiets te ry in die sosiale media die rondes begin doen.

“In my kop het ek gesê: ‘Gaan regs!’ Die fiets wou links. En toe ontmoet ek my nuwe boyfriend,” het Marelize vroeër aan Huisgenoot vertel toe sy met een harde slag die enigste hindernis, die rugbypale, op die veld tref.

Haar ma, Heidi, wat die video geneem het, se stem is duidelik hoorbaar wanneer sy die nou bekende frase “My f**, Marelize” uiter.

Die Kaapstad-fietstoer, wat op 10 Maart gehou is, het ook vir ’n nuwe vlaag snaakse foto’s en grappies gesorg wat Suid-Afrikaners laat skater.

Hier is ’n paar van ons gunstelinge:

View this post on Instagram

#myfokmarelize

A post shared by Elfie Lewis (@elfiekabouter) on

View this post on Instagram

#myfokmarelize

A post shared by Dennis Osborne (@the_osbornes) on