Maar een paartjie was min geskeel en het onlangs in die sosiale media deurgeloop oor hul vurige liefdespel op ’n vliegtuig.

Dit was nie lank voor iemand die uitdrukking “jetflix and chill” gebruik het om hul gedrag mee te beskryf nie.

In ’n foto wat op die webtuiste PassengerShaming.com se Instagram-blad gedeel is, sit ’n vrou in ’n ligblou hemp wydsbeen op ’n man in sy sitplek op ’n vlug.

Hulle soen. Sy hande is laag op haar heupe. Die paartjie lyk salig onbewus dat hulle deur ander passasiers omring is.

’n Man in die sitplek langs die paartjie lyk duidelik ongemaklik as jy kyk na sy lyftaal.

Meer as 12 000 mense het van die inskrywing gehou – en daar is nie teruggehou in die kommentaar oor die smerige situasie nie.

“Reg voor my vervlakste slaai,” het een geskryf.

“Wat doen ’n mens as jy langs dit sit? Baklei, vlug of vries?” het nog een laat hoor.

’n Derde persoon het die situasies op ’n lighartige wyse beskou en gesê ons weet nie wat werklik gebeur het nie.

“Ek dink hy het geweier dat sy by haar sitplek uitkom, en sy het toe oor hom geklim en toe ervaar die vliegtuig turbulensie en val sy in sy skoot en hul lippe stamp teen mekaar.”

“Die enigste probleem met hierdie soort mense is dat jy hulle nie uit die vliegtuig kan gooi nie,” het nog 'n persoon laat hoor.

Hoe dit ook al sy, ons is bly ons was nie op daardie vlug nie.

Bronne: mirror.co.uk, Instagram