Toe dit onlangs met ’n student aan die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark gebeur, was dít nie die geval nie. Die onbekende student se tas is spesiaal met ’n helikopter vir hom gebring. 

Volgens Willie du Plessis, NWU-woordvoerder, kan die universiteit bevestig dat daar wel verlede Vrydag ’n helikopter op dié universiteit se kampus in Vanderbijlpark geland het. 

“Sover ons kan vasstel, was daar geen vooraf reëlings getref vir die landing nie,” sê hy. 

Kort ná die helikopter se landing het Ituh Mokhele op Twitter ’n video gedeel waar ’n jong man na die helikopter, wat in die parkeerterrein geland het, stap. 

In die video kan gesien word hoe hy die deur oopmaak, sy tas uithaal en vol selfvertroue wegstap terwyl die helikopter opstyg en later verdwyn. 

Die video het later soos ’n veldbrand in die sosiale media versprei. Daar kan ook duidelik gehoor word hoe die persoon wat die video opneem, histeries skree. Van die bystanders vra selfs wie die ou is wat die sak gaan haal het. 

Waarskuwing: Kru taal


Willie meen die student wat in die video praat, het self die afleiding gemaak dat die student sy sak vergeet en dit in die helikopter gaan haal het. 

“Ons het geen idee wie die persoon is wat die sak uit die helikopter haal en wegstap of wat die omstandighede is nie. Ons het ongelukkig geen verdere inligting hieroor beskikbaar op die stadium nie,” sê hy.  

Indien jy weet wie dié persoon is wie se sak met die helikopter gebring is, stuur vir ons ’n e-pos na Jody.Taylor@huisgenoot.com.