Maar toe Melissa Shaw Kuter (32) van Bellville onlangs die lewe skenk, was sy verstom toe haar baba by geboorte die skaal op bykans 6 kg laat trek. 

Haar eerstelingseuntjie, Eli Kuter, is op 22 Oktober in die MediClinic Durbanville deur middel van 'n keisersnit gebore en het 'n volle 5,95 kg geweeg – slegs 50 g onder 6 kg.

Baba Eli weeg byna 6 kg by geboorte. Foto: Verskaf
Baba Eli. Foto: Verskaf
Baba Eli. Foto: Verskaf

Die plasenta was ook 'n allemintige 1,3 kg terwyl dit gewoonlik rondom 500 g weeg. Melissa, 'n skoonheidsterapeut, is gesond en ly nie aan diabetes, wat dikwels tot groter babas aanleding gee, nie. 

Kuter en sy reuse baba. Foto: Verskaf
Kuter en sy reuse baba. Foto: Verskaf

Volgens Eli se pa, Kuter (38), het Eli tydens die laaste sonar 4,85 kg geweeg en dus boonop die mediese personeel onkant gevang. 

“Almal was uit die veld geslaan. Die dag toe hy in die teater gebore is, kon jy hoor hoe hulle sê 'Joh, wat 'n groot baba!’ ” vertel die entrepreneur en voormalige Bokradioaanbieder aan Huisgenoot.

Eli Kuter (regs) in vergelyking met ’n gewone groo
Eli Kuter (regs) in vergelyking met ’n gewone grootte baba, Henning Pretorius, wat by geboorte 3,2 kg geweeg het. Foto: Verskaf

Eli dra sedert sy geboorte reeds klere wat gewoonlik vir drie tot ses maande oue babas bedoel is. Hy is boonop tydens die Wêreldbekerrugbytoernooi gebore, en sy ouers het geskerts dat hy die naweek vir die Springbokke sal moet uitdraf.

“Ek dink die groot baba hanteer beter as wat 'n klein babatjie sou, vir wie ons ekstra versigtig sou moes wees om sy nek reguit hou. Eli trek sy kop op en as hy jou vinger gryp, kan jy voel die man het krag,” sê Kuter.

Die grootste baba op rekord wat in Suid-Afrika gebore is, het ’n allemintige 7,3 kg geweeg. 

Dié dogtertjie, Chesner Abels, is in Maart 2007 in die Tygerberg-hospitaal gebore en was so groot dat haar ma, Cathleen daarvan oortuig was dat sy swanger was met 'n tweeling. Sy was baie bly dat haar dogtertjie gesond is. 

Ekstra bronne: Parent24, Tygerburger

Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.