Diere vang die snaaksste goed aan – en as jy gelukkig genoeg is om op die regte tyd op die regte plek te wees, kan jy hul kaskenades vasvang sodat die wêreld saam kan lag.

Dié keur van indrukwekkende foto’s kom uit die onlangse Comedy Wildlife Photography Awards, ’n gewilde jaarlikse kompetisie wat sedert sy ontstaan in 2014 inskrywings van oraloor lok. Altesaam 4 000 foto’s is uit 68 lande vir die kompetisie ontvang, waaruit 40 finaliste gekies is.

Die fotograaf Sarah Skinner van Brittanje is as die wenner aangewys vir haar foto van ’n parmantige leeuwelpie. Buiten lighartige vermaak verskaf, is die doelwit van die kompetisie ook om bewaring op ’n boeiende en opbeurende manier te bevorder.

Hier is ’n keur van die beste snaakse natuurlewefoto’s.

Balbekruiper! deur Sarah Skinner

Die wenfoto, wat in die Chobe-Nasionale Park in Botswana geneem is, toon die wonderlike oomblik waarop ’n spelerige leeuwelpie met uitgesteekte naels regmaak om ’n volwasse leeu te bespring. Die kyker kan maar net raai wat volgende gebeur . . .

Sarah Skinner
Grab life by the ....! deur Sarah Skinner/Comedy Wildlife Photography Awards 2019

Jakkalsjol deur Alastair Marsh

Of dalk die vosvastrap? Die twee rooijakkalse in Amsterdam sal geen prys in Strictly Come Dancing wen nie.

Alastair Marsh
Waltz gone wrong deur Alastair Marsh/Comedy Wildlife Photography Awards 2019

Eekhoringwense deur Geert Weggen

Sy het my lief; sy het my nie lief nie . . . Geert neem al jare lank eekhorings af en dié skattige foto van ’n eekhoring wat in Swede op ’n perdeblom blaas, is een van sy bestes.

Gert Weggen
Squirrel wishes deur Geert Weggen/Comedy Wildlife Photography Awards 2019

Rondborstig deur Thomas Mangelsen

Praat jy met my? Die Antarktiese pelsrob en koningpikkewyn het ’n paar minute lank kliphard op mekaar geskree.

Interessant genoeg het die rob nie sy grootte gebruik om die relletjie gou-gou te beëindig nie – pleks daarvan het elkeen sy man gestaan.

Thomas Mangelson
Chest bump deur Thomas Mangelson/Comedy Wildlife Photography Awards 2019

Familietwis deur Vlado Pirsa

Dit lyk asof dié twee voëls in Kroasië oor iets stry gekry het, maar die een links ignoreer die kwaai een neus in die lug.

Vlado Pirsa
Family disagreement deur Vlado Pirsa/Comedy Wildlife Photography Awards 2019

Goeie genade! deur Harry Walker

Dit lyk asof die stomgeslane seeotter van Alaska wonder wat van die wêreld word. Die oulike foto het vir die fotograaf Harry Walker die Olympus Creatures Under the Water-prys en die Affinity Photo People’s Choice-prys besorg.

Harry Walker
Oh my! deur Harry Walker/Comedy Wildlife Photography Awards 2019

Op eie risiko deur Tilakraj Nagaraj

Wat is dan nou lekkerder as ’n stort om jou af te koel – tensy dit met die komplimente van ’n witrenoster met ’n vol blaas is. Die reier in die Nairobi- Nasionale Park was seker spyt hy het agter die ou grote gestaan.

Tilakarj Nagaraj
Warning: Territory making – Follow at own risk deur Tilakraj Nagaraj/Comedy Wildlife Photography Awards 2019

Aapstreke deur Thomas Mangelsen

Die 10 maande oue sjimpansee Gombe lê luilekker met ’n tuitbekkie teen sy ma en ontspan in die Gombe Stream-Nasionale Park in Tanzanië.

Thomas Mangelsen
Laid back deur Thomas Mangelsen/Comedy Wildlife Photography Awards 2019.

Ysingwekkend! deur Roie Galitz

En . . . vries. ’n Japannese sneeuaap doen sy bes om soos ’n sneeumonster te lyk.

Roie Galitz
Spaceman deur Roie Galitz/Comedy Wildlife Photography Awards 2019.

Suutjies deur Eric Keller

Gasvrye kêrel. Dié pikkewyn op die eiland Suid-Georgië het op sy eie gestaan toe die water skielik woes agter hom begin borrel. Hy het toe ongeërg weggeskuif en met sy dag voortgegaan.

Inconspicuous deur Eric Keller/Comedy Wildlife Pho
Inconspicuous deur Eric Keller/Comedy Wildlife Photography Awards 2019.

Die pad kansel toe deur Elaine Kruer

troue
First comes love. . .then comes marriage deur Elaine Kruer/Comedy Wildlife Photography Awards 2019.

Kyk net hoe oulik.

Dié vier foto’s, wat met die Amazing Internet Portfolio-prys bekroon is, beeld die hofmaakfases tussen twee Kaapse eekhorings in die Kalahari uit: blomme bring, eerste soen, vreugdevol dans en dan die “trouplegtigheid”.

As daar nie fotografiese bewyse hiervoor was nie, sou ’n mens dit nie geglo het nie.