Hy beskryf homself glo as 'n "bird with a fringe". Alle kanaries kom gewoonlik van Spanje se Kanarie-eilande, maar hierdie soort, 'n Gloster-kanarie, is geteel om soos Barry te lyk.

View this post on Instagram

Gottem ?? #canary #gottem #glostercanary #fringe #barry #borbs #borb #birb #birbs #bird #birds #birdsofinstagram #animalsofinstagram #animals #cute #birdphotography #olivertree

A post shared by Barry (@barrybirb) on

Barry se eerste inskrywing op Instagram was 24 weke gelede toe hy net klaar gebad het.

View this post on Instagram

Soggy because i took a bath ??

A post shared by Barry (@barrybirb) on

Luidens Gumtree kos dit R250 vir so 'n oulike kanarie. Liefhebbers merk op hierdie voëltjies se kuifkop lyk soos die “bowl cut” van die Beatles.

Barry het bekendheid verwerf met foto's wat deur die gekleurde reënbooglig van ’n prisma geneem is. Dit het hom in ’n model verander wat tot foto’s lei wat lyk of dit in ’n raam hoort.

Daar is selfs T-hemde en skryfbehoeftes met sy oulike foto op.

En dit is nog nie die einde van Barry se talente nie. Die vlytige voël skilder ook met sy pote.

Bronne: sonyaz.netinstagram.combrainberries.com

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op Facebook, Twitter, Instagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe