Subhash Yadav van Uttar Pradesh in Indië het ’n mark saam met ’n vriend besoek om rou eiers te eet, berig Daily Mail.

Die twee het begin stry en het besluit om dit op te klaar deur teen mekaar mee te ding om 50 eiers op een slag te eet. Die wenner sou R400 kry.

Subhash was besig om sy 42ste eier te eet toe hy skielik ineenstort en bewusteloos geraak het, berig The Sun. Daar is met hom hospitaal toe gejaag waar hy later dood verklaar is.

Dokters glo die 42-jarige is eenvoudig dood van ooretery, berig Mirror.

Subhash het nege maande gelede weer getrou en het vier kinders gehad, met ’n vyfde kind wat op pad is.

Sy familie het nog nie kommentaar op die voorval gelewer nie.

Bronne: Daily Mail, The Sun, Mirror News