Danny Polaris, wat in Berlyn, Duitsland, woon, het op sy Instagram-blad gedeel dat hy het die afgelope week ’n gevaarlike priapisme – ’n langdurige ereksie van die penis – onder lede het. 

Danny het Viagra gedrink voor hy ’n aand uit in klubs geniet het, berig Pink News. Hy het ’n verpleër ontmoet saam met wie hy later huis toe is.

Die verpleër het ’n ereksie-verbeteraar by Danny se penis ingespuit, want, soos hy sê: “Wat kon dan nou fout gaan?” 

Met nabetraging lyk dit tog of baie verkeerd kon uitdraai...

Want nou beskou Danny, ’n vryskutskrywer, dit as die swakste besluit van sy lewe.

Teen die volgende oggend het sy ereksie steeds nie gesak nie, maar Danny het daarteen besluit om mediese behandeling te kry en selfs die Berlyn Pride-vertoning bygewoon.

Maar die volgende dag het hy “van die pyn geskree” en moes hy per ambulans na die hospitaal gehaas word, toe sy ereksie het steeds nie gesak het nie.

Danny het gehoor hy het priapisme en hy moes verskeie pynlike behandelings ondergaan om die swelling te verminder. 

Dokters moes sy penis vyf keer inspuit om bloed te dreineer, het ’n plastiekspyker in sy uretra afgedruk en ’n noodoperasie uitgevoer waarin ’n aar uit sy been gehaal is om bloed van sy penis weg te lei. 

Maar ondanks al die ingrypings is Danny ná 10 dae steeds in die hospitaal waar bloedverdunners binneaars toegedien word. 

“Ek het steeds ’n bietjie van ’n ereksie, 10 dae later,” sê hy.

“Party dae word ek wakker en ek huil net oor hoe onnosel ek was, oor wat ek verloor het, oor wat met my gaan gebeur.”

Danny sê sy toestand raak sy persoonlike en- beroepslewe. 

“Seks is vir my baie belangrik. Ek is ’n seksskrywer – ek skryf en redigeer erotika. Ek het al die hulp nodig wat ek kan kry,” smeek hy. 

“Ek weet nie wat in die toekoms gaan gebeur nie . . . sal ek ooit weer seks hê?”

Hy noem ook dat hy tans in ’n oop verhouding is, en is bekommerd hoe sy kêrel die nuus gaan hanteer. 

“Ek weet nie hoeveel dit gaan kos om my penis te laat werk soos dit altyd gewerk het nie.

“Dit is ’n marathon, en dit gaan my lank neem om te herstel.”

Sy vriende het intussen vir hom ’n GoFundMe-blad gestig vir die berading en psigoterapie wat hy sal nodig hê, asook toekomstige rekonstruktiewe chirurgie.

Bronne: The Metro, Instagram, Pink News, GoFundMe