Tiamat Legion Medusa se doelwit is om ’n geslaglose reptiel te word.

“Mense dink 'aangepaste' mense, veral dié wat tot groot uiterstes gaan om soos iets in ’n wetenskapsfiksiefliek te lyk, is verloorders en so dom soos grond,” sê Tiamat, wat as Richard Hernandez gebore is.

“In my vorige lewe as ’n man was ek die ondervoorsitter van ’n bank by een van die land se grootste finansiële instellings.

“Ek wil hê mense moet weet aangepaste mense is net so intelligent, vriendelik, liefdevol en goed soos enigiemand anders. Net omdat ek my ore laat verwyder het, beteken nie my brein het uitgeval en ek is nou ’n idioot nie.”

Tiamat, wat verkies om “dit” pleks van “hy” of sy” genoem te word, is as kind liggaamlik en geestelik mishandel; hy sê dit het sy besluit beïnvloed om ’n reptiel te word.

“Ek is eindelik deur my ouers in die middel van ’n bos agtergelaat, in die nag, diep in die hartjie van Suid-Texas, waar ratelslange volop is,” vertel Tiamat.

“Dit was toe, toe my mensouers my uit die motor gestoot om my soos rommel daar te los, dat ek die giftige ratelslange as my ouers aangeneem het.”

Sedert die begin van sy gedaantewisseling in 1997 het Tiamat sy neus laat verwyder en dit soos dié van die Harry Potter-karakter Lord Voldemort laat herskep. Hy het ook 32 tande laat verwyder en ses tande tot punte laat skerpmaak; die wit van sy oë het hy groen laat kleur. 

Tiamat, wat ook die naam Dragon Lady gebruik, het sy omvorming met twee horings begin.

Sy besluit is die gevolg van ’n vigsdiagnose. “Omdat ek gedink het ek gaan sterf, het ek my liggaam begin aanpas: Ek het gevoel ek is in ’n wedloop teen die tyd.

“Ek was die vyfde mens ter wêreld om horings aan hul skedel te kry, en in daardie stadium was die hedendaagse liggaamsaanpassingsbeweging maar in sy aanvang.

“Om dit te kry het die wiel aan die rol gesit vir wat die beste reis van my lewe geword het: my reptielmetamorfose.”

Volgende jaar wil Tiamat reënboogskubbe aan sy hele vel laat tatoeëer, nog horinginplantings bykry en pers ink aan sy oogballe laat tatoeëer.

Maar boaan die lys van chirurgiese prosedures is die verwydering van sy penis. 

“My grootste prioriteit is om Mr. Bojangles, my penis, sou gou moontlik vaarwel te roep,” sê dit. 

Tiamat erken dit trek baie ongewenste aandag, soos om verbaal aangeval en op gespoeg te word, maar voeg by dit sal nooit verhoed dat dit getrou aan ditself bly nie, want daar is kinders om te inspireer.

“Ongeag al die aakligheid wat mense na my slinger, is wat my die moed gee om aan te hou ek wees die uitdrukking op die kinders se gesigte. Hulle staar my met verwondering in hul oë aan.” 

Bronne: The Metro, Daily Star, The Sun