Die ongeïdentifiseerde Amerikaanse vrou (61) is die eerste persoon ter wêreld by wie urinêre outo-brouery-sindroom (UAB) gediagnoseer is – dis glo wanneer gis uriene in die blaas fermenteer en in alkohol verander.

Die fermentasieproses wat deur die gis (wat nou verwant is aan die soort gis wat bierbrouers gebruik) veroorsaak word, het veroorsaak dat die vrou – wat ook ly aan diabetes en lewersirrose – positief getoets het vir ’n aanbevole leweroorplanting.

Dít het daartoe gelei dat dokters geglo het sy't ’n drankprobleem, ten spyte daarvan dat sy dit ontken het.

Dokters het eers die seldsame toestand ontdek ná spesialiste van die Universiteit van Pittsburg se mediese sentrum haar bloed in plaas van uriene getoets het vir metaboliete van etanol – elemente wat in alkohol gevind word – en die resultate negatief was.

Die fermentasie in haar blaas het egter druk op haar liggaam – veral haar lewer – geplaas. Sy is aanbeveel om sekere kosse uit haar dieet te sny wat die problematiese gis vervaardig wanneer dit ingeneem word. Sy is ook orale swamdoders voorgeskryf om dit te bestry.

Dokters het intussen ’n beroep op ander praktisyns gedoen om hulself te vergewis van die toestand sodat hulle nie pasiënte verkeerdelik as alkoholiste bestempel nie.

Bronne: dailymail.co.uk, usatoday.com, metro.co.uk