Die oulikste video van ’n papegaai wat maak of hy ’n hond is word in die sosiale media versprei en het reeds meer as 4 miljoen trefslae op Facebook gekry. 

In die videogreep stap die kaketoe kordaat tussen ’n groepie honde rond en boots hul blaf foutloos na.  

“Oulikste ding wat ek heeldag gesien het,” lewer ’n gebruiker kommentaar. 

“Dis regtig oulik. Dis hoekom ek dol is oor dié voëls!” 

“Dit is fassinerend!” merk nog een op. 

Kaketoes is uiters intelligente voëls wat bekend is vir hul vermoë om verskeie klanke na te boots – en dié geveerde vriend is geen uitsondering nie. 

Help ons die eienaar opspoor

As jy weet aan wie die oulike kaketoe behoort, kontak Huisgenoot asseblief by web@huisgenoot.com

Het jy ’n soortgelyke video? Stuur vir ons na video@huisgenoot.com.