En as dit nie was vir ’n behuisingsontwikkeling en ’n oplettende ontwikkelingsbestuurder nie, sou daar tot vandag toe nie ’n antwoord op sy raaiselagtige verdwyning gewees het nie.

Dié man, wie se naam nie bekend gemaak is nie, het verlede maand iets “vreemd” op Google Maps gesien en besluit om die polisie in kennis te stel.

Die vreemde sameloop van omstandighede het eindelik tot ’n grusame vonds gelei: ’n geraamte in ’n motor wat sigbaar is vanuit die ruimte . . .

Bill Moldt se motor is ná 22 jaar hier gevind. Fot
Bill Moldt se motor is ná 22 jaar hier gevind. Foto: Google Maps
Bill Moldt se motor is ná 22 jaar hier gevind. Fot
Bill Moldt se motor is ná 22 jaar hier gevind. Foto: Google Maps

Die voertuig is in ’n retensiedam by The Grand Isles-behuisingslandgoed gevind. Dié ontwikkeling was nog onder konstruksie toe Bill verdwyn het.

Die motor self is aansienlik verkalk, ’n teken dat dit baie lank onderwater was, en Woensdag het die polisie bevestig dat dit einste Bill is waarna daar vir meer as 20 jaar vrugteloos gesoek is.

William se verdwyning

Foto: Facebook (Unsolved Cases)
Foto: Facebook (Unsolved Cases)

Volgens die Facebook-blad Florida Lost en Missing was William, oftewel Bill soos hy bekend gestaan het, 40 jaar oud toe hy verdwyn het.

Hy was glo nie ’n groot drinker nie, maar het wel op die aand van sy verdwyning ’n paar glase agter die blad gehad.

Omstreeks halftien die aand het hy sy meisie gebel en gesê hy sal binnekort tuis wees. Hy het in sy wit Saturn SL geklim, maar Bill het nooit by die huis opgedaag nie.

Op 8 November 1997 is hy as vermis aangemeld.

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.

Bronne: palmbeachpost.com, wpbf.com, charleyproject.com, cbs12.com, dailymail.co.uk