Elena Sjilenkowa (36), van die stad Sint Petersburg in Rusland, het aan Newsflash gesê sy het tot dusver een lang nael vir ’n hoë prys aan ’n belangstellende party verkoop. 

Sy het bygevoeg sy laat groei al haar naels lank sedert sy op skool was en het baie ervaring in die versorging daarvan. 

Elena sê: “Dit het nooit my daaglikse take in en om die huis geraak nie en ek het steeds gekook en skoongemaak. Die enigste dinge wat ek nie die afgelope ses jaar kon doen nie, was om verwerkte vleis te meng en te gaan swem, want lang naels reageer nie goed op nattigheid nie.” 

Elena Shilenkova
Foto:@krivonos/Newsflash/Magazinefeatures.co.za

Elena het aan Newsflash gesê sy het steeds gaan gim en kon gewigte optel sonder om ongemak te ervaar. 

Die ma van twee vertel sy het die nasionale rekord vir naellengte verbeter toe haar 10 naels ’n totaal van 86 cm bereik het. 

Sjilenkowa sê sy het aangehou om dit te laat groei en haar eie rekord verbeter tot dit ’n gesamentlike lengte van 150 cm bereik het. 

In daardie stadium het die ma besluit om haar naels te knip, soos op die videogreep gesien word, en te verkoop.

Sy het aan Newsflash gesê: “Ek het dit nie vir geld of roem geknip nie. Ek het net besluit om ’n blaaskans te neem en na ’n korter lengte terug te keer. 

Elena Shilenkova
Foto:@krivonos/Newsflash/Magazinefeatures.co.za
Elena Shilenkova
Foto:@krivonos/Newsflash/Magazinefeatures.co.za

“Mense het my daaroor genader om dit te verkoop, wat ek met graagte doen. Ek het een vir ’n duisend dollar verkoop aan ’n koper wie se naam ek om voor die hand liggende redes nie sal gee nie.

“Plaaslike mense het altyd gevra om saam met my foto’s te neem danksy my lang naels. Die meeste van hulle het gehou van hoe dit lyk, maar party het negatief gereageer en gesê dit lyk vir hulle aaklig. 

“Ek was nooit daaroor ontsteld nie; almal het hul eie smaak.” 

Elena Shilenkova
Elena het haar naels na ses jaar geknip. Foto:@krivonos/Newsflash/Magazinefeatures.co.za

Elena het aan Newsflash gesê sy hou nou haar naels tussen een en drie sentimeter lank, en sy het onlangs ’n kontrak met ’n naelonderneming onderteken om hul dienste te adverteer.