Die Huisgenoot-joernalis Jana van der Merwe het van Sondagaand 27 Mei die verloop van die gebeure gevolg en hoe die opspraakwekkende moorde op die pragtige twee meisies ontvou het.

Xander Bylsma word op Vrydag 7 Augustus 2020 gevonnis. Foto: Jana van der Merwe

Op Vrydag 7 Augustus 2020 is Xander Bylsma twee lewenslange vonnisse opgelê. Regter Ronald Hendricks het met sy bloedrooi toga in 'n gematigde stemtoon Xander se dade as “skandelik en afskuwelik” beskryf.

Luister na die podcast

Hier is Jana se weergawe van die pad wat sy met die Stella-moorde gestap het; van die aanvanklike gerug dat dit moontlik selfdood was tot die skokkende gewaarwording dat dit in wese moord was.