Oceanos: só onthou ons die angsnag – deur Carol Coetzee, Huisgenoot 16 Augustus 2001

Huisgenoot, 16 Augustus 2001
Huisgenoot, 16 Augustus 2001

“Onthou jy nog . . . die vrees, die meegevoel, die dapperheid, die snaakse dinge?' het hulle aan mekaar gevra. Want hulle was die kamerade wat almal oorleef het . . . met geloof, hoop en liefde . . .”

 

Dit was die aand van die blye weersiens. En óók die aand van die groot onthou - van die nag tien jaar gelede toe nlemand seker was of hulle die volgende sonsopkoms sou sien nle.

Daardie nag van 3 Augustus 1991 was seshonderd lewens in die weegskaal toe die eens befaamde Griekse passasiersklp Oceanos twee seemyl van die Transkeise kus begin sink het.

Maar wat een van die grootste seerampe van die eeu kon gewees het, was uiteindelik een van die grootste wonderwerke. En verlede Saterdag in Oos-Londen is feesgevler ter herdenking van daardie nag van groot genade toe geen enkele lewe in die stormwater verloor is nle.

Sowat tagtlg van die oorlewendes en hul redders het na tien jaar bymekaargekom om dankie te sê ook vir die lewenslange kameraadskap wat in daardle nag gesmee is, soos geen gewone skeepvaart sou kon vermag het nie.

En diegene wat nie daar kon wees nle, het van die ander gebel om net weer te gesels oor hul eie spesiale “Comrades” wat almal met trane, humor, angs en les bes met triomf voltooi het.

Die grappe en staaltjies het die aand gevlieg tussen die klomp mense wat in een rampspoedige nag ontdek het hoe waardevol elke lewensdag is.

So het Julie Mills, ’n mediese verteenwoordiger, heerlik gelag toe sy Kevin Putzier, destyds van die Suid-Afrikaanse Lugdiens, sien. “Ek het jou laas in die waskamer op die skip gesien. Ek het net ’n laken om my lyf gehad!”

Hy herken die babbelende blonde vrou wie se mini later die aand amper tot niks gekrimp het van die nattigheid op die reddingsboot.

Seker twee derdes van die passasiers is deur die loop van die nag in bootjies te water gelaat in die hoop dat vragskepe hulle sou red. Die res is teen dagbreek Sondagoggend deur helikopters van die skip af opgepik.

“Onthou julle daardie bemanningslid wat geweler het om te roei? Malcolm het hom net een klap gegee, toe bars ons almal uit van die lag,” onthou Julie.

Margie Putzier (45) van Oos-Londen vertel hoe hulle die aand op die boot besef het daar is groot fout toe die koppies en borde soos in 'n goëlhuis begin rondvlieg het. Daar was ’n vreeslike slag in die sitkamer. Dit was die vleuelklavier wat van die verhoog af tot op die dansvloer getol het.


“Ek was by die kinders in die kajuit toe al die ligte ultgaan en hulle ons boontoe roep, Robin Boltman het ’n grap gemaak en gesê hulle het vergeet om die kragrekening te betaal.

“Omtrent tienuur moes al die vroue en kinders na die naaste uitgange beweeg. Ons is in ’n reddingsboot gedruk. Toe dit na onder in die see val, het ons gegil van vrees. Die golwe was omtrent 10 m hoog en dit was vreeslik donker. Ek het my twee kinders styf vasgehou en net gebid ons maak dlt.”

Net langs haar was Gail Adamson (41) met John, haar huilende baba van sewentien dae, styf teen haar bors. Sy kon hom nie voed nle, want haar melk het van skok opgedroog.

“Daardie nag het my laat ontdek hoe sterk ’n ma kan wees en hoeveel pyn sy kan vat.” vertel Gail.

Sy en haar man, John, het die naweek met Karl, toe twee jaar oud, en Sammy, toe agt, op die boot geklim om hul huwelik van elf jaar te herdenk.

“Wat ’n herdenking,” lag sy nou.

Vanjaar is hul huwelik “mondig” en die pasgebore baba wat sy vreesbevange in ’n emmer moes sit om opgehys te word na die skip wal hulle sou red, is tien jaar oud en vol streke.

“Toe ons uiteindelik uitkom by The Great Nancy, ’n tenkskip van Panama, was ons so verlig. Maar toe hulle die touleer laat sak dat ons in die stormwind daar moet opklim, het my moed my begewe. Om nie te praat van die emmer waarin ek my baba en twee kinders moes laat opgaan nie. Die wind kon hulle só maklik uitgewaai het!”

Hulle was was nie lank op die skip nie toe nog ’n klomp mense opgehys is.

“Ons kon nie ons oë glo nle,” vertel  Margie. “Vyftig van ons, met kinders en bejaardes, het soos sardientjies teenmekaar gesit en gesterf van die koue op ons bootjie. En hier stap die meeste van die bemanningslede ewe kontant warm aangetrek en droog, met hul bagasie aan boord.”

Toe die Oceanos in die moeillkheid beland, het die bemanningslede die eerste en enigste reddingsboot gegryp wat beskutting teen die wind gebied het, met ’n enjin toegerus was en sy eie radio gehad het.

Om alles te kroon het kapt. Yiannas Avranas (51) op Margie-hulle se boot saam met die vroue en kinders probeer inklim, twee keer, maar hulle het hom elke slag gekeer. Toe die helikopters kom, was hy voor in die tou.


Uiteindelik het TFC se vaartdirekteur die hele reddingsoperasie aangevoer. Lorraine Betts was toe nog maar 35 jaar oud, maar sy is ’n klein vroutjie met dinamiet, vertel die klomp dankbaar.

“Danksy haar was daar nie dadelik ’n chaos en paniek nie,” meen Jenny Grove. Nogtans kan niemand dieselfde wees ná die Oceanos-ervaring nie, meen sy.

Sy en haar man het destyds besluit om die naweek alleen weg te glip, terwyl die twee kinders by ouma en oupa gebly het. Die skip sou die volgende dag in Durban aankom, vanwaar hulle na Oos-Londen terug sou vlieg.

Een van Jenny se vriendinne verklap fluisterend dat sy nogal spesiale mooi onderklere vir die romantiese naweek gekoop het. Nou is dit verlore in die see en intussen is Jenny en Derek geskei.

Maar Jenny is ’n filosofiese mens. Sy wil nooit weer so iets beleef nie, sweer sy, maar tog het daardie nag haar ten goede verander.

“Ek is ’n ander mens. Ek het geleer om myself te laat geld. In die ou dae sou ek liewer stilbly as ek nie met iets saamstem nle, of ontevrede is. Vandag is ek iemand wat reguit praat en ook nie skroom om aanspraak te maak op wat my toekom nie,” vertel Jenny.

Twee ouens wat elke jaar die Oceanos-nag herdenk en veral die aand weer lekker saam kuier, is Cliffie Boucher en Clyde Mounifort.

“Ons het ’n nag saam, en nogal sonder ’n draad klere aan ons lyf, in die bed deurgebring,” skerts hulle.

Toe hulle in Durban aankom en nog nie weet of hul vroue en kinders veilig is nle. het Cliffie reguit gesê: “Ons is saam deur hel, ons slaap nie in aparte kamers nie.”

“Ek dink ons het nog aan skok gely," erken Clyde. “en ons was angstig oor ons familie. Cliffie was sentimenteel. Hy het gesê ek is sy beste maat . . .”

Clyde lag, maar hy word bewoë. “Ek het gesê hy moet stilbly en slaap.”

Maar die twee kon nle lekker slaap nie. Drie-uur die oggend het hulle vis en tjips in die bed sit en eet. En oproepe gemaak. En uiteindelik vasgestel die vroue en kinders is op land. Toe val hul oë toe.

Piet Niemand (52) staan ook nader. Hy en Paul Whiley is laaste van die Oceanos af opgepik. Piet, wat almal gehelp en aangemoedig het, vertel hoe hy getref was deur die menslikheid, die vrees ook in groot manne se oë.

Maar ook die snaakse oomblikke, soos toe die vermaaklikheidskunstenaar Alvon Collison se broek afgeval het. En die aandoenlike oomblikke, soos die bejaardes wat op die dek gesit en daarop aangedring het dat die jonges eerste gaan.

“Ons is oud. Ons het ons tyd gehad,” was hul houding.

Dit was nie maklik nie, sê Piet, maar die ervaring wat hy daardie nag opgedoen het, verruil hy vir niks. Jy ontdek in so ’n situasie jou krag en almal wys hul ware kleure.

  • Ware lewensdramas word twee weke na uitsending, op Sondae om 20:30 op VIA (DStv-kanaal 147) heruitgesaai.