Big Concerts, wat die toer gereël het, het dit op hulle webtuiste bekendgemaak dat Lady Antelbellum nie meer Suid-Afrika toe kom nie.

Die sanger van die groep, Hillary Scott, verwag ’n tweeling, en hulle het weens haar gesondheid en dié van haar babas besluit om die toer te kanselleer.

“Ons is baie opgewonde vir Hillary en haar dierbare tweelingdogtertjies, maar ons wil om verskoning vra vir ons aanhangers.

“Ons droom al jare om in Suid-Afrika op te tree en kan nie wag om planne te maak om jul pragtige land te besoek nie,” het die groep in ’n verklaring gesê.

Sommige van hul ondersteuners was bitterlik ontsteld oor die nuus.

“Ek is baie ontsteld. Ek wag al sedert 2010 vir hulle om Suid-Afrika toe te kom. Ek hoop Hillary en haar babas sterk goed aan,” het een aanhanger op Facebook geskryf.

Hoewel die meeste teleurgesteld was, het baie aanhangers tog gesimpatiseer.

“Ek is seker daarvan hulle sal weer ’n konsert in ’n latere stadium reël, maar nou kom sy en die babas eerste. Ek sou dieselfde gedoen het as ek in haar skoene was.”