Sy 19-jarige dogter, Bindi, pronk nie net deesdae op voorblaaie nie; sy volg in elke moontlike voetspoor van haar pa. 

Nes haar pa het sy ook die liefde van haar lewe by die dieretuin ontmoet.

Bindi het onlangs op die voorblad van Women's Weekly verskyn en daarin praat sy oor haar verhouding met die Amerikaner Chandler Powell. 

Sy het hom vier jaar gelede by die Australiese dieretuin in Queensland ontmoet toe sy toergids speel. En net daar was dit liefde met die eerste aanblik.

I am the luckiest girl in the world?? @chandlerpowell

A post shared by Bindi Irwin (@bindisueirwin) on

"Ek is gelukkig dat ek die een ontmoet het, die mens saam met wie ek elke dag wil deurbring. Ek, my ma en Robert praat baie daaroor. Ons al drie dink my pa sou mal gewees het oor hom," vertel sy in die November-uitgawe van die tydskrif. 

Happy birthday to the best mum in the entire world! Love you so much??

A post shared by Robert Irwin (@robertirwinphotography) on

En duidelik is sy ’n vrou van vele talente. Sy het verlede jaar aan Dancing with the Stars deelgeneem en die kompetisie gewen.

Maar dis nie net Bindi wat so mooi grootword nie. Haar broer, Robert, hou hom deesdae fotograaf.

Net soos sy suster werk hy ook by die dieretuin.

Hanging out with our lemurs @australiazoo is always so much fun! ?? #lemur #australiazoo

A post shared by Robert Irwin (@robertirwinphotography) on

Robert het onlangs op Jimmy Fallon se The Tonight Show verskyn. 

"Trane in my oë. Ek is so trots op Robert. Robert, jy is meer en meer soos pa. Ek is dankbaar om jou suster te wees," skryf Bindi in die sosiale media.

Bronne: People.com, Nowtolove.com.au