Afganistan: Skokkende beelde van 'n land in chaos

akkreditasie
Foto: Twitter/@I_Najafazida
Foto: Twitter/@I_Najafazida

Die foto’s vertel verhale van verlies, vrees en verdriet. Op een word ’n baba aan ’n soldaat gegee in die hoop dat dié haar na veiligheid sal neem. ’n Ander wys ’n vragvliegtuig stampvol moeë en angsbevange mense wat uit hul geboorteland wil ontsnap.

Nog een wys honger mense wat desperaat hul hande uitstrek vir iets om te eet.

Dít is nou die prentjie van Afganistan nadat die Taliban dié land weer oorgeneem het. Kenners het gewaarsku Amerika se plan om sy 20 jaar lange besetting van Afganistan te beëindig, sal verreikende gevolge hê.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

28 Oktober 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees