Yyani Cook_Williams (29), ’n aktrise van Sydney in Australië, is een van sewe mense wat na bewering drie seuns van 3-7 jaar oud oor ’n tydperk van twee jaar misbruik en mishandel het.

Van die ander wat na bewering by die skokkende saak betrokke is, is haar aktrise-ma, Therese Ann Cook (58), haar oom Paul Cook (52) en haar stiefsuster Clarissa Meredith (23).

Yyani Cook_Williams (29), ’n aktrise van Sydney in Australië. Foto: Facebook (2790 Lithgow Outcasts)
Yyani is ook 'n burlesque-danser. Foto: Facebook (2790 Lithgow Outcasts)
Theresa Cook. Foto: Facebook (2790 Lithgow Outcasts)
Paul Cook, Theresa Cook se broer. Foto: Facebook (2790 Lithgow Outcasts)

Hulle is Maandag saam met nog drie verdagtes in Katoomba, Canterbury en Wenworthville in hegtenis geneem.

Een van hul slagoffers het by sy ouers gekla. Hulle het die polisie ontbied.

Die sewetal was almal deel van die sirkus-opleidingskool The Arcade Circus in Katoomba. Grusame besonderhede het sedertdien in die hof aan die lig gekom.

Sadistiese seksdade met die jong seuns het glo hoogty gevier en daar was na bewering bloedrituele waar bloed van die seuns getrek is – en hulle dit agterna moes drink.

By ander geleenthede is seksdade met die kinders gepleeg en afgeneem.

Theresa het na bewering in April 2016 een van die seuns gewurg sodat sy hom seksueel kon aanrand. Haar broer Paul het glo toegekyk (en dit waarskynlik afgeneem) terwyl sy seks met een van die jong slagoffers gehad het.

Klagtes teen die sewetal

Hulle word deur 127 klagtes in die gesig gestaar: seksuele mishandeling, fisieke marteling en die skep van kindermishandeling-materiaal.

Die vier wie se name bekend is:

  • Therese Cook: 43 aanklagte wat verswarende aanranding van ’n kind jonger as 10 jaar, seksuele omgang met ’n kind jonger as 10 en ontvoering onder verswarende omstandighede.
  • Paul Cook: 5 aanklagte
  • Yyani Cook-Williams: 8 aanklagte
  • Clarissa Meredith: 13 aanklagte

Die ander drie beskuldigdes (twee vroue en ’n man) se name word weerhou omdat hulle minderjarig was toe die beweerde dade gepleeg is.

Bronne: smh.com.au, au.news.yahoo.com, mamania.com, thearcaecircus.tumblr.com, 7news.com.au