book-icon Uitgawe 1 April 2021

Akupunktuur vir siek diere kos duisende – werk dit?

akkreditasie
Honde en katte word na die Sentrum vir Tradisionele Chinese Medisyne in Sjanghai gebring vir akupunktuur om ’n verskeidenheid toestande te behandel, wat onder meer verlamming, lewer- en niersiekte insluit, en om pyn te bestuur. Tradisionele medisyne word hiermee saam gebruik. Foto: Gallo Images/Getty Images/Reuters
Honde en katte word na die Sentrum vir Tradisionele Chinese Medisyne in Sjanghai gebring vir akupunktuur om ’n verskeidenheid toestande te behandel, wat onder meer verlamming, lewer- en niersiekte insluit, en om pyn te bestuur. Tradisionele medisyne word hiermee saam gebruik. Foto: Gallo Images/Getty Images/Reuters

Wat sal jy alles doen om ’n beter lewe vir jou hond of jou hasie te verseker? In China is ’n tradisionele behandeling wat eens net vir mense beskore was nou veral gewild om siek diere of diere in pyn te behandel. Troeteldiereienaars in China wend hulle toenemend tot die Oosterse pseudowetenskap van akupunktuur om hul siek of beseerde troeteldiere te help. Dié antieke praktyk – waar lang, dun naalde in sekere dele van die liggaam gesteek word – stimuleer volgens hulle die bloedsomloop, verlig pyn en bevorder genesing.

Dis nie goedkoop nie – diereliefhebbers bestee sowat R6 000 vir ’n kursus van 10 akupunktuurbehandelings by die Sentrum vir Tradisionele Chinese Medisyne in Sjanghai. Maar vir hierdie troeteldiereienaars is dit elke sent werd. Ongeveer driekwart van China se troeteldiereienaars is tussen 20 en 35 jaar oud, en vir baie mense wat ver van hul families woon, is hul diere ’n manier om dié leemte met liefde te vul.

Jong mense het in die afgelope dekades in hul massas na stadsentrums getrek waar die vervaardigings- en finansiële bedryf gesetel is. Dit het ’n groot impak op tradisionele familiebande gehad. Om troeteldiere aan te neem is vir baie jong mense ’n troos vir die gevolglike eensaamheid en die behoefte aan samesyn. Daar is sowat 150 miljoen troeteldiere in China, en honde is die gewildste troeteldier. En vir baie van hul eienaars is hul diere se gesondheid en welstand ’n topprioriteit.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

28 Oktober 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees