Met meer as 1 biljoen gebruikers wêreldwyd moet WhatsApp voortdurend op die hoogte van sake wees om relevant te bly. Sedert Facebook dié app vir ’n rekordbedrag van R256 biljoen gekoop het, is dit egter nie ’n probleem nie.

WhatsApp het onlangs aangekondig dat jy met jou WhatsApp-vriende kan deel waar jy jouself geografies op enige gegewe tyd bevind. 

Dalk wil jy net vir jou ouers laat weet jy het veilig by jou vriende aangekom of selfs net deel waar jy jouself bevind. Wel, WhatsApp maak dit maklik om dit in ’n japtrap te doen!

Jy is in beheer van met wie jy jou geografiese ligging op 'n gegewe oomblik te deel of hoe lank die funksie wat daardie inligting bevat, aktief moet wees. 

Hoe werk dit? 

  • Maak die gesprek of groep oop met wie jy graag jou ligging wil deel. 
  • Onder "Location" by die aanhangsel-opsie is daar ’n nuwe opsie wat sê "Share Live Location".
  • Kies vir hoe lank jy dit aktief wil hê en klik "stuur".
  • Elke persoon met wie jy gesels sal jou regstreekse ligging op ’n kaart sien.
  • As meer as een persoon hul "Live Location" in ’n WhatsApp-groep deel, sal almal se ligging op dieselfde kaart wys. 

Dit is beskikbaar vir Andriod en iOS-toestelle. 

Bronne: Blog.whatsapp.com, Fortune.com, Midrandreporter.co.za