Deon paai sy duisende lesers wat hom verkwalik wanneer die vaal speurder nie ’n karakter in ’n boek is nie met 452 bladsye in Prooi.

“Op die Place Saint-Pierre, by ’n tafeltjie onder die vrolik verligte takke van ’n reuseboom voor die ou kerk, het hy sy hart verloor. Onverklaarbaar, onverwags, soos dit ware liefde betaam. ’n Trouvrou gekry . . .”

Deon en sy verloofde, Marianne.

Dis Daniel, een van die helde in Prooi, Deon Meyer se nuutste spanningsroman, wat so verlief is – op die Franse stad Bordeaux.

Daar’s ’n ander verliefde man wat in Bordeaux met ’n diamantknoets geset op die fynste roosgoudpand sy geliefde gevra het om te trou. Nee, nie Bennie Griessel nie – hoewel ook hý verlief is – maar wel Deon, wat laggend ontken dat die twee trouvroue met mekaar verband hou.

Lees hier verder aan die eerste volle onderhoud met Deon oor sy nuwe boek Prooi.

Die eerste hoofstuk van Prooi. Illustrasie: Mieke van der Merwe

Hoofstuk Een van Prooi

"Daniel Darret se vreemde verhouding met madame Lecompte begin met geweld. En dit sal só eindig ook.

In die hitte en humiditeit van Augustus is hy weer slapeloos. Sy kamervenster is wawyd oop, maar die Place Camille Pelletan is soos ’n oond, windloos en bedompig.

Om halfeen in die nag jaag die demone uit sy verlede hom op. Hy trek ’n kortbroek, T-hemp en sy swart Nikes aan, neem dan die drie stelle trappe na onder . . ."

Lees hier verder aan hoofstuk een.

Die tweede hoofstuk van Prooi. Illustrasie: Mieke van der Merwe

Hoofstuk Twee van Prooi

"Wanneer luitenant-kolonel Mbali Kaleni aan die einde van die Dinsdag se oggendparade vir kaptein Bennie Griessel ’n docket aangee, weet hy en sy kollega kaptein Vaughn Cupido met die eerste oogopslag twee belangrike dinge: 1. Dit is nie hul eie docket wat terugkom nadat Kaleni dit met haar pynlike deeglikheid nagesien het nie.

Want die heel eerste blokkie bo links dui Beaufort-Wes aan as die stasie van oorsprong, en die naam van die eerste ondersoeker is “Sers. A. Verwey”.

2. Dit is ’n warm patat. Want hulle het dadelik geloer na die middel van die voorblad, onder Misdaad kode (sic). Op dié spesifieke dossier staan die syfers wat elke speurder in Suid-Afrika se hart ’n bietjie vinniger laat klop: 31984. Die ganse regstelsel se kode vir moord."

Lees hier verder aan hoofstuk twee.