book-icon Uitgawe 28 Mei 2020

Als oor Zuma se eks NDZ: die minister wat rokers die josie in het

akkreditasie
NDZ saam met Adriano Mazzotti, ’n omstrede figuur in die tabakwêreld.
NDZ saam met Adriano Mazzotti, ’n omstrede figuur in die tabakwêreld.

Sy laat ’n mens dink aan daardie vingerswaaiende hoofmeisie wat alewig agter die skoolpaviljoen kom snuffel het op soek na rokers. Maar ons is nie meer skoolkinders nie . . .

Daar is min dinge wat jou so woedend of rebels kan maak soos iemand in ’n gesagsposisie wat oënskynlik onregverdige reëls aan jou opdwing. En in die afgelope twee maande, terwyl baie Suid-Afrikaners mor oor sommige reëls van die inperking, het min mense die land so die harnas in gejaag soos dr. Nkosazana Dlamini-Zuma.

Want die een oomblik brand rokers se  vreugdesvure hoog terwyl pres. Cyril Rama­phosa ons op televisie vertel die verbod op handel in rookprodukte word opgehef – maar ’n week later sê Nkosazana nee, vergeet dit.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

21 Oktober 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees