book-icon Uitgawe 28 Maart 2018

Atleet wat op 11 ophou groei, skitter hier én oorsee

akkreditasie
Annie Bothma hardloop die wêreld aan die brand. Foto: Corrie Hansen
Annie Bothma hardloop die wêreld aan die brand. Foto: Corrie Hansen

In Amerika het sy bekend geword as die “kaalvoet kampioen” – ’n atleet uit ons eie bodem wat haar deur niks laat onderkry nie, nie eens ’n seldsame hormoontoestand wat haar op 11 laat ophou groei het nie. 

Sien jy haar tussen die spiertiere in ’n gim in Groenpunt, Kaapstad, lyk Annie Bothma so tingerig soos ’n tinktinkie, maar sy het die hart van ’n leeu. 

Dit het haar moedig laat voortbeur om haar drome waar te maak ondanks haar gesondheidsuitdagings en die beserings wat sy boonop in twee motorongelukke opgedoen het. 

Daarby het sy sedert haar skooldae spot verduur omdat sy so kort en skraal is. 

Pleks van haar deur die kritiek te laat ontmoedig het dit haar aangevuur om te presteer. 

“Hardloop en fiksheid het my lewe verander en my opgehef toe ek op my laagste was,” sê Annie (23) in die gim met ’n uitsig op Leeukop waar sy as persoonlike afrigter werk. 

“Ek wil ander mense help en bemagtig om hul doel en drome te bereik.” 

Tussendeur hardloop sy self die langpad aan die brand. 

As een van 12 vroue in die Nedbank Elite Green Dream Team was sy teen einde 2018 die vinnigste Suid-Afrikaanse vrou oor 15 km. 

Annie het sowat ’n jaar gelede teruggekeer uit Amerika, waar sy ’n meestersgraad in oefenwetenskap verwerf het. 

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

20 Januarie 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees