Net 35 gevalle van die toestand – die vertaling van die Griekse woord diprosopus is “tweegesig” – is sedert 1990 aangemeld.

Die dubbele mondholte is in week 28 van die swangerskap die eerste keer op ultraklank waargeneem; daar is eers gedink dit was ’n gewas of sist.

Maar toe die baba gebore word, is ontdek die abnormaliteit wat op die ultraklank opgemerk is, is in werklikheid ’n gedupliseerde mondholte of “tweede mond”. In ’n artikel vir die joernaal BMJ Case Reports Journal meld dokters die tweede mond het lippe, ses maaltande en ’n klein tong bevat en saam met die die meisie se sentrale tong beweeg wanneer sy gevoed is.  

Verder word gemeld die tweede mond het nie die baba se asemhaling of voeding beïnvloed nie. Toe die meisie ses maande ouf was het sy chirurgie ondergaan om die tweede mond te verwyder.

Foto: BMJ Case Report Journal.
Foto: BMJ Case Report Journal.

“Ná chirurgie het sy matige volheid aan die regterkant van die gesig by die chirurgiese insnyding ontwikkel. ’n Skandering ’n opeenhoping van vog aangetoon,” sê die dokters.

Teen ’n ondersoek ses maande ná die operasie het die insnyding genees en het die meisie sonder probleme gevoed. Sy het egter ’n klein defek aan haar onderlip oorgehou.

Omdat dit so seldsaam is, is baie min oor die toestand bekend. Diprosopus ontstaan weens foute in die gene wat vir die vorming van die skedel en gesig verantwoordelik is.

Bronne: Fox NewsDisease Info SearchMetroDaily MailBMJ Case Reports journal