Die klein donkerkoppie word in Januarie twee jaar oud, maar moes al menige aand in ’n hospitaalbed deurbring. 

Mienke het op agt maande in Augustus verlede jaar aan haar melk verstik by haar dagmoeder in Mbombela en kan sedertdien nie sluk of sit nie. Breinverlamming  is by haar gediagnoseer. 

Sy is Maandag in die hospitaal opgeneem. Sy het bloed opgebring en het diarree en koors en hou met tye op asemhaal. “Sy het die hele Dinsdagaand koors gehad, maar lyk vandag effens beter. Ons is nog besig met toetse om te bepaal wat fout is,” sê haar pa, Ryno Mulder, aan Huisgenoot. 

Verna, haar ma, het Maandag op Mienke se Facebookblad gesê die dokter vermoed sy het ’n virus. 

Dié boodskap is deur Ryno gedeel:

Ryno het die boodskap op Please Pray for Mienke gedeel.

Huisgenoot het net verlede week berig Ryno en Verna is bekommerd omdat Mienke se lyf baie geswel is en dit nie bekend is wat dié swelling veroorsaak nie.